Daniel William "Dan" Carter (gebore op 5 Maart 1982) is 'n voormalige Nieu-Seelandse beroepsrugbyspeler. Gedurende die noordelike halfrond se winter van 2009 het hy vir die Perpignan-klub gespeel in die Franse Top 14-kompetisie. In die tweede helfte van 2009 het hy teruggekeer na Nieu-Seeland om provinsiale rugby vir Canterbury, en Superrugby vir die Crusaders te speel. Hy het tydens die Rugbywêreldbeker 2003, Rugbywêreldbeker 2007, Rugbywêreldbeker 2011 en Rugbywêreldbeker 2015 vir die All Blacks uitgedraf, van wie Nieu-Seeland die laaste twee gewen het. Op 20 Februarie 2021 het Dan Carter sy uittreding uit rugby aangekondig.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Carter se statistiek op die All Blacks se webwerf Profiel op ESPNscrum Carter se statistiek op itsrugby.co.uk

Kategorie:Nieu-Seelandse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense