Pops Mohamed (geboire Ismail Mohamed-Jan) was 'n Suid-Afrikaanse multi-instrumentale jazz-musikant en vervaardiger.

Mohamed is op 10 Desember 1949 in Benoni, Gauteng gebore. Sy loopbaan in musiek was die logiese uitloop na sy vroeë blootstelling aan musikante soos Abdullah Ibrahim en Kippie Moeketsi by Dorkay House. Hy begin sy eerste orkes, The Valiants, op 14-jarige ouderdom. Mohamed staan onder sy bewonderaars bekend as die Minister of Music en bespeel verskeie instrumente soos die kitaar, fluit, klawers, ensovoorts. Hy is ook bekend vir sy verskeidenheid van musiekstyle soos die kwêla, pop, en soul . Hy is ook die vervaardiger van Finding One's Self, die oorlede Moses Taiwa Molelekwa se bekroonde album. Hy is op 4 Desember 2025 op die ouderdom van 76 oorlede..

Diskografie Kalamazoo - 1991 Sophiatown Society - 1992 (saam met Morris Goldberg) Ancestral Healing - 1995 How Far Have We Come - 1996 Music With No Name - 1996 Society Vibes - 1997 (saam met McCoy Mrubatha) Timeless - 1997 Millennium Experience - 2000 (saam met Zena Edwards) Pops Mohamed Meets the London Sound Collective - 2000 Africa Meltdown - 2001 Yesterday, Today And Tomorrow - 2002 Healing Sounds of Mother Africa (2007)

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Kategorie:Suid-Afrikaanse jazz musikante Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Sterftes in 2025