Die Cottesloe-kerkeberaad was ’n beraad van 80 afgevaardigdes van agt Suid-Afrikaanse lidkerke van die Wêreldraad van Kerke van 7 tot 14 Desember 1960 in die gelyknamige Johannesburgse voorstad. Destyds was die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (Kaapland) en die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal lede van die Wêreldraad van Kerke. Die beraad het regstreeks voortgespruit uit die protesoptog van duisende swart mense op 21 Maart 1960 in Sharpeville in die Vaaldriehoek en die daaropvolgende Sharpeville-slagting.
Die oorgrote meerderheid afgevaardigdes het hul goedkeuring verleen aan 'n verklaring wat ná die beraad uitgereik is. Die NG Kerke het egter sekere voorbehoude uitgespreek, terwyl die NH Kerk hulself gedistansieer het. Ná die beraad het felle politieke druk die Afrikaanse kerke genoop om uit die Wêreldraad van Kerke te bedank. Daarna is hulle gebrandmerk as "apartheidskerke".
Agtergrond Wêreldgebeure duimnael|links|270px|Roosevelt en Churchill met die opstel van die Atlantiese Handves. Die Atlantiese Handves kan beskou word as ʼn mylpaal in die wêreld se sienswyse. Winston Churchill en Franklin D. Roosevelt het op 14 Augustus 1941 ontmoet en ʼn kort verklaring opgestel waarin hul oogmerke vir die oorlog en die wêreld daarna uitgestip word. Paragraaf 3 het as volg gelui: "Alle volke het die reg op selfbeskikking". Hierdie beginsel is toegepas aan die einde van die oorlog en is ook ingevoeg in die Grondwet van die Verenigde Volke-organisasie. Die VVO het besluit om die Britse mandaatgebied in Palestina tussen Jode en Arabiere te verdeel. Die staat Israel is in die lewe geroep op 14 Mei 1948. Dit het gepaard gegaan met groot geweld. Brits-Indië het in 1947 onafhanklik geword. Dis verdeel tussen die twee groot geloofsoortuigings. Ingeligte Suid-Afrikaners het tog kennis geneem van hierdie gebeure. Libië het weer in 1951 onafhanklik geword. In Algerië het oproer voortgeduur van 1954 voordat hulle in 1962 onafhanklik geword het. Ghana het onafhanklik geword in 1957. Die Belgiese Kongo het in 1960 onafhanklik geword. Die Mau Mau het reeds in 1952 begin, maar Kenia het eers in 1960 onafhanklik geword.
Rassespanning duimnael|regs|220px|In die aanloop tot die Sharpeville-slagting het die PAC mense aangemoedig om hul pasboek by 'n polisiekantoor in te dien, maar die ANC het hulle aangespoor om dit te verbrand. Ná die onluste oor die paswette in 1919, was die swart bevolking heel rustig.Edward Roux, Time Longer than Rope, Victor Gollancz Ltd, Londen, 1948, p. 126 Selfs tydens die Hertzog wetsontwerpe in 1935-6, skryf Roux, het die plakkaat van 'n Afrikaanse koerant gelees: "Naturelle bly stil".Roux, supra, p. 297. Toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek, het die Africa National Congress in Durban vergader en besluit om die regering te steun in die oorlog.Roux, supra, p. 312. Die leierskap van die ANC was oud en afgeleef. In 1944 het ʼn honderdtal jong mans in Johannesburg bymekaargekom om ʼn jeugliga te stig. Oliver Tambo, Walter Sisulu, Robert Sobukwe en Nelson Mandela was ook daar. Hulle sou nuwe lewe in die kongres blaas.Nelson Mandela: Long Walk to Freedom, Abacus, Londen, 1995, p. 113.
Die Nasionale Party het in 1948 aan bewind gekom. Hulle het nie diskriminasie op grond van ras uitgevind nie, maar dit probeer vervolmaak. Een van die vroeë stappe was die Wet op Verbod van Gemengde Huwelike van 1949. Kort op sy hakke het die Wet op Bevolkingsregistrasie, No. 30 van 1950, gevolg. Ingevolge laasgenoemde kon een of ander staatsamptenaar besluit of jy 'n Ndlovu of 'n Oliphant is. In dieselfde jaar is die Groepsgebiedewet aanvaar. Die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme, No. 44 van 1950, was toe reeds nie alleen op kommuniste van toepassing nie.
Die eerste rasse-onluste onder die nuwe regering was tussen Indiërs en Swartes. Dit het in Januarie 1949 by ʼn bus-terminus in Durban uitgebreek. Na ʼn paar dae se gevegte was 53 Indiërs en 83 Swartes dood.Margaret Ballinger: From Union to Apartheid, Juta & kie, Kaapstad, 1969, p. 413-4. Die ANC kongres in Desember 1951 het besluit om die eerste minister te vra om sekere wette te herroep. As hy (soos hulle verwag het) geweier het, sou sekere protesoptredes uitgevoer word tydens die driehonderjarige herdenking van Van Riebeeck se aankoms. Sommige optredes het hand uitgeruk en ʼn gebou is afgebrand en mense brutaal vermoor.Mandela, supra, p. 146, noem dit hul "Defiance Campaign" en reken dit was meer suksesvol as wat Ballinger dink. In Julie 1952 is Mandela, Sisulu, Ahmed Kathrada en agtien ander gearresteer en aangekla van "statutêre" kommunisme. Hulle is skuldig bevind en 'n opgeskorte vonnis opgelê.Mandela, supra, p. 156. Die regering se antwoord op die "defiance campaign" was twee nuwe wette tydens die 1953 sitting. Die Wet op Openbare Veiligheid het die regering gemagtig om ʼn noodtoestand uit te roep. ʼn Wysigingswet van die strafreg het dit ʼn misdaad gemaak om weerstand teen enige wet aan te moedig.Sien ook Mandela, supra, p. 153. Hoofman Albert Luthuli is na Pretoria ontbied en meegedeel om of sy hoofmanskap of sy betrokkenheid by die ANC op te sê. Hy het verkies om nie meer ʼn hoofman te wees nie. Aan die einde van die jaar is hy verban onder die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme. Vir ʼn tydperk van vyf jaar is hy verbied om sy tuisdorp van Groutville te verlaat.Ballinger, supra, p. 416
Die Kaapse stemreg was een van die beskermde klousules van die Suid-Afrika-Wet (die Unie se Grondwet). ʼn Wysiging daarvan het ʼn tweederdemeerderheid in ʼn gesamentlike sitting van die Volksraad en Senaat geverg en die Nasionale Party het nie genoeg stemme daarvoor gehad nie. Hul regsadviseurs het egter gereken dat die beskermde artikels wel met ʼn gewone meerderheid in aparte sittings gewysig kon word. So is die Wet op Afsonderlike Verteenwoordiging van Kiesers, No. 46 van 1951, aanvaar. Ingevolge hierdie wet is die Kleurlingkiesers in die Kaapprovinsie op ʼn aparte kieserslys geplaas. Hulle kon vier volksraadslede kies. Die Appèlhof het egter die wet ongeldig verklaar in Harris and others v. Minister of the Interior and another, 1952(2) S.A. 428 (A). Om hierdie probleem te oorbrug, het die parlement ʼn Wet op die Hoë Hof van Parlement passeer en toe daarmee die Appèlhof beslissing omver gewerp. Die Appèlhof het daarop laasgenoemde wet ook ongeldig verklaar in Harris and others v. Minister of the Interior and anothers, 1952(4) S.A. 769 (A). Eers drie jaar later het die Natte ʼn goeie plan uitgedink. In 1955 is die Senaatswet aangeneem, wat die senaat tot 89 lede vergroot het en die metode van aanwysing gewysig is om so die Nasionale Party ʼn tweederdemeerderheid in ʼn gesamentlike sitting te gee. So is die bruin kiesers van die kiesersrol verwyder.Verloren Van Themaat, Staatsreg, Butterworths, Durban, 1967, p. 487-8.
Sophiatown is een van die ou voorstede van Johannesburg. Dit is voor 1923 as dorpsgebied uitgelê, met die gevolg dat swartes die geregistreerde eienaars van sommige eiendomme was. Daar het ten minste 60,000 swartes in Sophiatown, Martindale en Newclare gewoon. Die regering het beplan om al hierdie mense na Meadowlands, 13 myl van die stad, te verskuif en hulle moes daar in wyke vir sewe verskillende etniese groepe gehuisves word. Die ANC het mense aangepor om weerstand teen die verskuiwings te bied. Die verskuiwing sou op 9 Februarie 1955 begin. Dit het plaasgevind onder toesig van 4000 polisiemanne en soldate.Mandela, supra, pp. 178-194
duimnael|regs|180px|Prof. Z.K. Matthews. Prof. Z.K. Matthews het voorgestel dat die ANC ʼn nasionale konvensie hou om daar ʼn Vryheidsmanifes op te stel. In Maart 1954 is ʼn National Action Council in die lewe geroep om die konvensie te reël. Luthuli was die voorsitter, Sisulu het die ANC verteenwoordig, Yusuf Cachalia die Indiërkongres, Stanley Lollan die Kleurlingkongres en Lionel Bernstein die Blankekongres. Die nasionale konvensie is by Kliptown op 25 en 26 Junie 1955 gehou. Daar was meer as drie duisend mense. Hulle het die Vryheidsmanifes goedgekeur. Om 15:30 op die tweede dag het die polisie toegeslaan en die vergadering opgebreek.Mandela, supra, pp. 199-206; Ballinger, supra, p. 417
Vir Mandela het die hoogverraadsaak op 5 Desember 1956 begin toe die veiligheidspolisie hom arresteer. 156 mense is landwyd gearresteer. Die voorlopige ondersoek het omtrent die hele 1957 in beslag geneem. Drie maande later het die staat die aanklagtes teen 61 beskuldigdes, insluitend Tambo, laat vaar. Die verhoor het ʼn aanvang geneem in Augustus 1958. Die Staat het, onder andere, aangevoer dat die Vryheidsmanifes bewys het dat die beskuldigdes die staat met geweld omwerp wou werp en met ʼn kommunistiese bestel wou vervang. Die verhoor het tot Maart 1961 geduur, toe al die beskuldigdes vrygespreek is.Mandela, supra, pp. 233-310
In 1958 is nog 'n algemene verkiesing gehou. Die ANC het 'n staking vir dieselfde dag, 16 April, beplan. Die regering het alle vergaderings van swart mense in dorpsgebiede verbied. Die staking het misluk, maar die Nasionale Party het vir die eerste keer 'n meerderheid van stemme op hom verenig. In September het Dr. Verwoerd die land se eerste minister geword.Ballinger, supra, p. 418-9
duimnael|links|Februarie 1960: Dr. H.F. Verwoerd verwelkom sy Britse eweknie, mnr. Harold Macmillan, in Suid-Afrika. Op 6 April 1959 word die Pan-Africanist Congress gestig met Robert Sobukwe as president. Hulle verwerp die ANC beleid van samewerking met ander rasse. Hulle voel dat die ANC nie militant genoeg was nie. Die ANC was nie in staat om die massa op te sweep nie. Die PAC was ook gekant teen die kommuniste. Die fokuspunt van hul strategie vir 1960 was die dra van bewysboeke. Die massa is aangesê om hul bewysboeke by die huis te los en dan na die naaste polisiestasie op te ruk om arresteer te word. "Geen borg, geen verweer, geen boete" was hul slagspreuk.Mandela, supra, p. 266; Ballinger, supra, p. 421.
duimnael|links|200px|Die nadraai van die Sharpeville-slagting waarin die polisie 69 mense doodgeskiet het. Die PAC se eerste groot opmars is beplan vir Sharpeville, 'n lokasie naby Vereeniging. In Januarie 1960 het Dr Verwoerd aangekondig dat die land se blanke kiesers aan 'n referendum sou deelneem om aan te dui of Suid-Afrika 'n republiek moet word.Sien die artikel "Hendrik Verwoerd" in die Engelse Wikipedia, of beter nog, maak die link Op 3 Februarie 1960 het die Britse eerste minister, Harold MacMillan, die Suid-Afrikaanse Parlement toegespreek en sy bekende wind van verandering toespraak afgesteek: "The wind of change is blowing through this continent. Whether we like it or not, this growth of national consciousness is a political fact". Op 21 Maart 1960 het die PAC se opmars na die polisiestasie in Sharpeville plaasgevind. By Sharpeville word 69 mense doodgeskiet en 186 gewond deur polisie. In Langa, naby Kaapstad, word twee mense doodgeskiet en 47 gewond deur polisie. Die einde van die maand marsjeer 30,000 mense van Langa na Kaapstad.Verslag van die Waarheids-en-versoeningskommissie, Hoofstuk 3
Wêreldraad van Kerke