Jolette is die verhoognaam van Jolette Odendaal, 'n Afrikaanse sangeres en aktrise.
Odendaal begin haar musiekloopbaan as lid van die a cappella-koor Cutt Glas, maar tree in 2005 uit om op haar sololoopbaan te konsentreer. Haar debuutalbum, genaamd Jolette, is in 2006 vrygestel.
Sy matrikuleer in 1993 aan die Hoërskool Pro-Arte en wen dieselfde jaar die Dalro Nasionale Toneelspel-kompetisie en word as die Crescendo-wenner in die kategorie dames vokaal aangewys. In 1997 voltooi sy haar B.A. Drama-graad aan die Universiteit van Pretoria en in 1997 behaal sy haar honneursgraad.G'n Madonna maar meer as net 'n rooikop, Sarie, April 2009.Dié rooikop kan sing!, Rapport, 21 Oktober 2009.
Diskografie Jolette se albums: In Kamers, saam met Mauritz Lotz, 2009 SPITFIRE Jolette, 2006 BOWLINE
Teater Van die teaterproduksies waarin Jolette gespeel het: "Aspoestertjie", onder regie van Pierre van Pletzen. "Trek Uit" met Wikus du Toit "Brolloks en Bittergal" onder regie van Hannes Muller en Lizz Meiring. "Big Band Blast" saam met Ian von Memerty, Harry Sideropoulos en Ilse Klink. "JillJol" geskryf deur Wikus du Toit onder regie van Sandra Prinsloo. "Hartedief" deur Jeanne Goosen onder regie van Lizz Meiring. "Pols" met Henrietta Gryffenberg. "Imbumba" met Anna-Mart van der Merwe en Gys de Villiers. "Houtkruis" "Op die vrou af"
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Verwysings
Eksterne skakels Jolette se amptelike webtuiste
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu