Corlea Botha is 'n Suid-Afrikaanse sangeres. Sy sing reeds 30 jaar lank, en het amper 10 albums en DVD-opnames en gesamentlike verkope van meer as 250 000 eksemplare agter haar naam. Corlea sing in menigde genres en tale.

Haar laaste album, Onbreekbaar, het nie net 'n nuwe byderwetse klank nie, maar vestig ook haar passie vir vroueregte. Sy loods haar niewinsgewende “Genadesakprojek” vir vroue wat in huishoudelike geweld vasgevang is. Vrouens van oor die land skenk gebruikte handsakke en toiletware, waarna Corlea en Care, Protect, Invest S.A. saamspan om dit na veiligheidshuise, sentrums en organisasie landwyd te versprei.

Corlea tree deesdae oor die hele wêreld voor internasionale gehore op.

Diskografie 2003: Shades Of The Rainbow 2009: Ons Lieflinge / Our Darlings, met Rudi Claase 2010: Ons Lieflinge / Our Darlings Vol.2 - Drome, met Rudi Claase 2011: Corlea - Wie ek is Wonderkind van die millennium 2015 - Alle paaie lei na Rome (Saam Met Jannie Moolman) 2017 - The most beautiful lovesongs (saam met Jannie Moolman) 2019 - Onbreekbaar

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1987