duimnael|links|400px|Die Bosporus-brug in Istanboel, wat Europa (links) en Asië (regs) verbind. Die Bosporus-brug, ook bekend as die Eerste Bosporus-brug (Turks: Boğaziçi Köprüsü of 1. Boğaziçi Köprüsü) is een van twee brûe oor die Bosporus in Istanboel, Turkye, wat Europa en Asië verbind. Die ander is die Fatih Sultan Mehmet-brug, ook genoem die Tweede Bosporus-brug.
Die brug is tussen Ortaköy aan die Europese kant en Beylerbeyi aan die Asiatiese kant geleë. Dit is ’n hangbrug met staalmaste en is 1 510 m lank en 39 m breed. Die padvlak is 64 m hoog. Dit was die vierde langste hangbrug ter wêreld (die langste buite die VSA) toe dit in 1973 voltooi is en is tans die 21ste langste.
Sien ook Fatih Sultan Mehmet-brug
Eksterne skakels WowTurkey: Foto's in die dag WowTurkey: Foto's in die nag Satellietbeelde van Google Panorama-foto's in Istanboel
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Brûe in Turkye Kategorie:Geboue en strukture in Istanboel