Die Fatih Sultan Mehmet-brug, ook bekend as die Tweede Bosporus-brug (Turks: Fatih Sultan Mehmet Köprüsü of 2. Boğaziçi Köprüsü) is een van twee brûe oor die Bosporus in Istanboel, Turkye, wat Europa en Asië verbind. Die ander een is die Bosporus-brug, ook genoem die Eerste Bosporus-brug.

Die brug is genoem na die 15de-eeuse Ottomaanse sultan Mehmet die Veroweraar wat Konstantinopel (Istanboel) in 1453 verower en so ’n einde gebring het aan die Bisantynse Ryk.

Die brug is tussen Hisarüstü aan die Europese kant en Kavacık aan die Asiatiese kant geleë. Dit is ’n hangbrug met staalmaste en is 1 510 m lank en 39 m breed. Die padvlak is 64 m hoog. Dit was die sesde langste hangbrug in die wêreld toe dit in 1988 voltooi is en is tans die 15de langste.

Sien ook Bosporus-brug

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Fatih Sultan Mehmet Bridge

Eksterne skakels

Google-lugfoto's

Kategorie:Brûe in Turkye Kategorie:Geboue en strukture in Istanboel