Die Western Force is ’n Australiese rugbyspan wat as ’n konsessie aan Superrugby deelgeneem het van 2006 – 2017. Die konsessie sluit die hele Wes-Australië in. Hulle tuiswedstryde word op die nib-stadion in Perth gespeel. Die huidige kaptein van die span is Matt Hodgson
Die Western Force was een van die twee nuwe konsessies wat in 2006 tot die uitgebreide Super 14-kompetisie toegetree het; die ander was die Cheetahs. Die span se eerste seisoen het baie swak afgeloop en hulle het heel laaste op die punteleer geëindig. In die volgende drie seisoene het die span egter heelwat beter gevaar.
Geskiedenis Die bod Die bod vir toetrede tot ’n uitgebreide Super 14-kompetisie het reeds vroeg in 2002 begin toe ’n groep gestig is om die ontwikkeling van ’n nuwe Australiese konsessie dop te hou. Die groep se doelwit was om te verseker dat indien SANZAR sou instem tot ’n vierde Australiese konsessie, Rugby Wes-Australië (RugbyWA) gereed sou wees. RugbyWA is genooi om te bie vir die vierde Australiese span en die unie het ’n projekspan in die lewe geroep wat vier weke gehad het om die bod te formuleer. Die bod is gesteun deur die Wes-Australiese regering wat meer as een miljoen dollar aan RugbyWA geleen het en ook ’n verdere $A25 miljoen gegee het vir die opgradering van die Members Equity-stadion. In Desember 2004 is aangekondig dat RugbyWA die bod gewen het met die Victoria Rugbyunie wat aan die verloorkant was.
Die eerste seisoen Op 10 Februarie het die Western Force hulle Superrugbydebuut teen die gemaak op ’n byna uitverkoopte Subiaco Ovaal in Perth. Hulle het met 25 - 10 verloor. Dit was eers in die agtste ronde van die kompetisie dat die Force hul eerste sege kon behaal. Hulle het, na ses verliese in ’n ry (met ’n loslootjie in die vierde ronde), met slegs een punt (26 - 25) verloor teen die en dit het aan die Force hul eerste ligapunt in Superrugby besorg. Dit is die langste wat dit enige span nog geneem het om ’n ligapunt aan te teken (naamlik agt rondes/sewe wedstryde).
duimnael|300px|Diee Force draf uit vir hul heel eerste wedstryd in Superrugby Op 21 April het ’n skare van 32,231 amper die skok van die jaar aanskou toe die Force dit kon regkry om gelykop te speel teen die verdedigende kampioene, die . Twee dae na die wedstryd teen die Crusaders kon die Force daarin slaag om Matt Giteau te kontrakteer vir die 2007-seisoen. Giteau se kontrak was ongeveer $A4,5 miljoen werd en hy het daardeur die hoogs-betaalde speler geword in enige vorm van voetbal in Australië.
Op Saterdag 6 Mei het die Force aangekondig dat hulle die dienste van die vleuel van die , Drew Mitchell ook bekom het. Gedurende die volgende week is die Force egter met $A110,000 beboet nadat ’n "onafhanklike komitee bevind het dat RugbyWA die kontrakteringsprotokol verbreek het deur hul onderhandeling met Al Kanaar." Op 6 Mei het die Force hul eerste Superrugbysege behaal toe hulle die Cheetahs met 16 - 14 geklop het.
Naam en kleure Op 14 April 2005 het RugbyWA die konsessie se naam sowel as die logo bekendgestel tydens ’n onthaal by die Burswood Internasionale Oord in Perth. Die keuringsproses het vir maande geduur en die gemeenskap is ook daarby betrek. ‘Western Force’ is gekies as die naam omdat dit die konsessie se ligging (die Wes-Australiese staat) en dié se ‘waardes van krag, energie en gemeenskap’ die beste verteenwoordig. Die logo is ontwerp om ’n swart swaan te wees (dit is die staat se tradisionele kenteken). Die swaan is op ’n blou agtergrond (dit stel die Wes-Australiese kuslyn en lug voor) en die goud stel die strande, minerale rykdom en sonskyn voor. Daar was gissings dat die span moontlik as die ‘Swart Swane’ bekend sou staan.
Tydens ’n funksie in Julie by dieselfde oord, is die Force se trui en borgskapnaamregte bekend gestel. Die spantrui is deur Brendan Cannon gedra en Lachlan MacKay het die alternatiewe klere tentoongestel. Die trui is blou met ’n swart swaan op, en die alternatiewe klere is ’n goue trui met ’n swart swaan (swart en goud is Wes-Australië se sportkleure). Die span se eerste trui is opgeveil en verkoop vir $A30,000 en die eerste alternatiewe trui is ook opgeveil vir dieselfde prys.
Ondersteuning Kort nadat RugbyWA die vierde Australiese konsessie geword het, is ’n aanlynregister opgestel waarby lede hul belangstelling kon aanteken. Binne ’n kwessie van weke het meer as 10,000 mense geregistreer. Toe lidmaatskap amptelik in Julie van stapel gestuur is, was daar reeds meer as 13,000 mense geregistreer en ongeveer 400 maatskappye het bekend gemaak dat hulle in gasvryheidspakkette belangstel. Die Force het die grootste ondersteuningsbasis van Australiese Super 14-spanne geniet en toe die voorseisoenwedstryde begin het was daar reeds 16,000 lede.
Die Hoof- uitvoerende beampte van die Australiese Rugbyunie, Gary Flowers, het aan die media gesê dat "mensekrag" ’n sleutelfaktor was in die toekenning van die konsessie aan Wes-Australië eerder as aan Victoria. Voor die aankondiging het 25,500 Wes-Australiërs ’n petisie ter ondersteuning van hulle staat se bod onderteken. Daarmee saam het 5,000 mense, waaronder die premier van die staat, dr. Geoff Gallop, ’n optog bygewoon by die Subiaco-ovaal. Die optog is gereël deur twee rugbymoeders (die Scrum Mums Jennifer Hoskins en Irma Cooper) om te wys hoe graag die mense van Wes-Australië die konsessie wou kry. Teen die einde van die eerste seisoen het die Force afgesluit met die hoogste ondersteunersgetalle in terme van bywoning van al die Australiese spanne, ten spyte van hul laaste plek op die punteleer.
Stadion Die Force het voorheen al hul tuiswedstryde in die Subiaco Ovaal gespeel. Die stadion het ’n kapasiteit van 43,500 [www.dsr.wa.gov.au/dsrwr/_assets/main/lib50137/background.pdf Major Stadia Taskforce - Background] en is, soos die naam dit wil hê, ovaal vir Australiese Voetbal.
In Februarie 2008 het die Regering van Wes-Australië aangekondig dat ’n nuwe veeldoelige sportstadion gebou sal word in Kitchener Park, langs die Subiaco Ovaal. Die stadion was geskeduleer om gebou te word tussen 2011 en 2016. Met ’n kapasiteit van 60,000 sou dit hoofsaaklik aangewend word vir Australiese Voetbalwedstryde, maar dit sou ook die tuisveld van die Western Force wees. Andrea Mayes, $1.1b sport stadium for Kitchener Park, Subiaco, PerthNow, February 8, 2008 Hierdie stadion sal ook ovaal wees en sal ook sitplek hê wat ingetrek kan word wat beteken dat die stadion ook geskik sal wees vir sportsoorte wat op ’n reghoekige veld gespeel word. Big State Needed Big Decision For A Big Stadium , Local Media Services Company, February 10, 2008
Met die Arbeidsregering wat die stadion beloof het in die 2008-verkiesingsoorwinning, is die stadion egter gekanselleer. Daar is toe besluit dat die Force na die Members Equity-stadion (ME-stadion), met sitplek vir 18,000, sal verhuis vir die 2010 Super 14-seisoen. Die rede waarom die span geskuif het, is omdat die speeloppervlak van die ME-stadion reghoekig is sodat rugbyondersteuners nie so ver van die veld af sit soos by ’n ovaalveld nie. Die Force en die sokkerspan Perth Glory wil hê dat die ME-stadion opgegradeer moet word. Force, Glory face stadium uncertainty Die Force is deur die regering geldelike hulp toegestaan om die stadion uit te brei sodat 20,500 sitplekke gereed sou wees vir die 2010 Super 14-seisoen.
Western Force Gold duimnael|250px|regs|Gold speel teen Yamaha Western Force Gold is ’n span wat deur RugbyWA opgerig is vir post-Super 14 rugby. Die span speel in die alternatiewe kleure van die Western Force. Die span het al teen Manu Samoa gespeel waarna hulle op ’n toer van twee weke na Suid-Afrika is waar hulle teen die Goue Leeus en die Blou Bulle gespeel het. Hierna het hulle met Toshiba Brave Lupus en Yamaha Jubilo van Japan se Top League kragte gemeet. Hulle het onlangs die nasionale span van Singapoer met 113 - 7 gewen.
Seisoenbepalings Super 14 Die volgende tabel som die Western Force se Super 14-uitslae op: {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"|Seisoen ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|Punte vir ! width="20"|Punte teen ! width="25"|+/- ! width="20"|BP ! width="20"|Pte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|2006 |align=left|14de | 13 || 1 || 2 || 10 || 223 || 373 || -150 || 4 || 12 || |- align=center |align=left|2007 |align=left|7de | 13 || 6 || 1 || 6 || 276 || 282 || -6 || 6 || 32 || |- align=center |align=left|2008 |align=left|8ste | 13 || 7 || 0 || 6 || 247 || 278 || -31 || 5 || 33 || |- align=center |align=left|2009 |align=left|8ste | 13 || 6 || 1 || 6 || 328 || 275 || 53 || 10 || 36 || |- align=center |align=left|2010 |align=left|13de | 13 || 4 || 0 || 9 || 258 || 364 || -106 || 3 || 19 ||
Superrugby Die volgende tabel som die Western Force se Superrugby-uitslae op: {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"|Seisoen ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|Punte vir ! width="20"|Punte teen ! width="25"|+/- ! width="20"|BP1 ! width="20"|Pte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|2011 |align=left|12de ||16|| 5 || 2 || 9 || 333 || 416 || −83 || 5 || 37 || |- align=center |align=left|2012 |align=left|14de ||16|| 3 || 0 || 13 || 306 || 440 || −134 || 7 || 27 || |- align=center |align=left|2013 |align=left|13de ||16|| 4 || 1 || 11 || 267 || 366 || −99 || 5 || 31 || |- align=center |align=left|2014 |align=left|8ste |16|| 9 || 0 || 7 || 343 || 393 || −50 || 4 || 40 || |- align=center |align=left|2015 |align=left|15de |16|| 3 || 0 || 13 || 245 || 384 || −139 || 7 || 19 || |} 1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.
Die volgende tabel som die Force se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op: {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"|Seisoen ! width="20"|Pos Alg ! width="20"|Pos Groep ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|Punte vir ! width="20"|Punte teen ! width="35"|+/− ! width="20"|BP1 ! width="20"|Pte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|2016 |align=left|16de |align=left|10de || 15 || 2 || 0 || 13 || 260 || 441 || –181 || 5 || 13 || |- align=center |align=left|2017 |align=left|12de |align=left|7de || 15 || 6 || 0 || 9 || 313 || 404 || –91 || 2 || 26 ||
Huidige span Western Force 2017 Superrugbyspan Voorspelers Jermaine Ainsley Pekahou Cowan Ben Daley Tetera Faulkner Francois van Wyk Shambeckler Vui
Hakers Tatafu Polota-Nau Anaru Rangi Harry Scoble Heath Tessmann 12px|Captain
Slotte Richie Arnold Adam Coleman Ben Matwijow Matt Philip Losvoorspelers Angus Cottrell Richard Harwick Ross Haylett-Petty Matt Hodgson Kane Koteka Ben McCalman 12px|Captain Isi Naisarani Brynard Stander
Skrumskakels Ryan Louwrens Ian Prior Michael Ruru
Losskakels Peter Grant Jono Lance Senters Marcel Brache Luke Burton Bill Meakes Chance Peni
Vleuels Robbie Coleman Semisi Masirewa Luke Morahan Curtis Rona
Heelagters Dane Haylett-Petty Alex Newsome
Statistiek Eerste voorseisoenwedstryd - vs die Cheetahs (verloor 19-29) Eerste seisoenwedstryd - Week 1, 2006 vs die Brumbies (verloor 10-25) Eerste drie - Scott Fava vs die Brumbies Eerste punte - Scott Daruda (3-punt strafdoel) vs die Brumbies Eerste doelskop - Scott Daruda vs die Brumbies Eerste gelykop uitslag - Week 11, 2006 vs the Crusaders (23-23) Eerste skepdoel - Matt Giteau vs die Cheetahs Eerste strafdrie - 2006 voorseisoen vs die Cheetahs (19-29) Eerste sege - Week 13, 2006 vs die Cheetahs (16-14) Eerste tuissege - Week 6, 2007 vs die Hurricanes (18-17)
Kontroversie