220px István Sándorfi
Hongaarse skilder
Styl Hiperrealisme
Beduidende werke
Au bonheur des DamesSafiNature Morte au coton tige
István Sándorfi (in Frankryk meestal Étienne Sandorfi, * 12 Junie 1948 in Boedapest, Hongarye, † 26 Desember 2007 in Parys, Frankryk) was 'n Hongaarse skilder.
Vroeë lewe Omdat István Sándorfi se vader vir 'n Amerikaanse maatskappy werksaam was, is hy in 1950 vir vyf jaar tronk toe gestuur. Net enkele dae voor die Hongaarse Opstand in 1956 is hy vrygelaat. Die gesin het Hongarye in dieselfde jaar verlaat en hulle eers in Oostenryk, daarna in Duitsland en uiteindelik in Frankryk gevestig.www.muvesz-vilag.hu
Sándorfi het op die ouderdom van agt begin om te teken, en toe hy twaalf was het hy begin om met olieverf te skilder. Hy het 'n diploma by die École nationale supérieure des Beaux-Arts in Parys behaal en daarnaas ook aan die École nationale supérieure des arts décoratifs gestudeer.
István Sándorfi het twee dogters: Ange (* 1974) en Eve (* 1979).
Die kunstenaar is ná 'n kort siekte op 26 Desember 2007 oorlede en volgens sy eie wil in Boedapest ter ruste gelê.index.hu/kultur
Kuns en werke
In die 1970's het Sándorfi begin om self model vir sy skilderye te staan - hy het nie daarvan gehou dat vreemdelinge toegekyk het toe hy aan die skilder was nie. Sy eerste kunsuitstalling is in 'n klein galery in Parys gehou, later - in 1973 - het die eerste groot uitstalling in die Musée d'Art Moderne de la Ville de Paris gevolg. Sy werke kon daarna in verskeie museums in die buiteland besigtig word, waaronder Kopenhagen, Rome, München, Brussel, Basel, New York, Los Angeles en San Francisco.
Vir sy skilderye het hy dikwels vreemde voorwerpe of selfs baie vreemde bewegings en situasies gebruik. Die oorheersende kleure in sy werke was in die 1970's en 1980's blou, lila en koue kombinasies van hierdie twee kleure. In die 1980's het hy homself op meer vroulike vorme en stillewens toegespits. Vanaf 1988 het hy hoofsaaklik vroue geskilder.
In 2006 is sy eerste Hongaarse uitstalling in Boedapest gehou, 'n tweede het in 2007 in Debrecen gevolg. Dit was sy eerste besoek aan Hongarye nadat hy sy geboorteland nog as kind verlaat het.
Uitstallings
1966 - Galerie des Jeunes, Parys • Galerie de la Barbière, Le Barroux 1970 - Galerie 3+2, Parys 1973 - Musée d'Art Moderne de la Ville de Paris 1974 - Galerie Daniel Gervis, Parys 1975 - Galerie Beaubourg, Parys 1976 - Bucholz Galerie, München 1977, 1980 - Galerie Isy Brachot, Brussel 1978, 1981, 1983 - Galerie Isy Brachot, Parys 1979 - FIAC, Galerie Isy Brachot, Parys 1981 - Galerie Isy Brachot, Basel 1982 - Amaury Taitinger Gallery, New York 1984 - FIAC, Galerie Isy Brachot, Parys 1986 - Galerie Lavignes-Bastille, Parys - Galerie de Bellecour, Lyon 1987 - Lavignes-Bastille Gallery, Los Angeles - Hôtel de Ville, Nancy 1988 - Armory Show '88, Lavignes-Bastille Gallery, New York - Abbaye des Cordeliers, Châteauroux (retrospektief) - Louis K. Meisel Gallery, New York - FIAC, Galerie Lavignes-Bastille, Parys 1991 - Galerie Prazan-Fitussi, Parys 1993 - Galerie Guénéguaud, Parys - Galerie Mann, Parys 1994, 1997 - Jane Kahan Gallery, New York 1999 - Galerie Tempera, Brussel 1999-2000 - Gallerihuset, Kopenhagen 2006 - Erdész-Maklári Galéria, Boedapest 2007 - A test színeváltozása. Életműkiállítás, MODEM, Debrecen
Verwysings
Eksterne skakels
Artportál: Sándorfi István Bewonderaars van István Sándorfi se kuns Sommige van István Sándorfi se skilderye Sy skilderkuns Sándorfi István oorlede In Memoriam István Sándorfi
Kategorie:Franse skilders Kategorie:Hongaarse skilders Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Sterftes in 2007