duimnael|MIV-aktiviste duimnael|Jaarlikse nuwe infeksies en beswykings aan MIV/vigs in Suid-Afrika

MIV/vigs in Suid-Afrika is ’n onrusbarende gesondheidskwessie, omrede daar aangevoer word dat meer mense met vigs in Suid-Afrika besmet is as enige ander land ter wêreld.

Die gemiddelde leeftyd wat oor is vanaf die MIV-infeksie tot die dood intree is 10,5 jaar vir mans en 11,5 jaar vir vroue.http://www.statssa.gov.za/Publications/P0302/P03022013.pdf

Die 2007 UNAIDS-verslag bereken dat 5 700 000 Suid-Afrikaners met MIV/vigs besmet is, altans net onder 12% uit ’n bevolking van 48 miljoen mense.http://data.unaids.org/pub/GlobalReport/2008/jc1510_2008_global_report_pp211_234_en.pdf page 214By volwassenes is die koers 18,10%. Die getal geïnfekteerde lyers is in omvang groter as enige ander land ter wêreld. Die ander vyf lande wat bo-aan die ranglys is met die hoogste MIV/vigs voorkoms, is almal buurlande van Suid-Afrika.

In 2007 het slegs 28% van Suid-Afrikaners wat aan MIV/vigs ly teenretrovirale behandeling ondergaan. In 2004, 2005 en 2006 was die syfer onderskeidelik 4%, 15% en 21%.http://data.unaids.org/pub/GlobalReport/2008/jc1510_2008_global_report_pp235_324_en.pdf page 271 Teen 2009 het bykans 1 miljoen of sowat 2% van alle Suid-Afrikaanse volwassenes teenretrovirale behandeling ontvang, waarvan 38% kinders was.http://www.statssa.gov.za/publications/P0302/P03022010.pdf bladsy 5

In 2010 het ongeveer 280 000 Suid-Afrikaners (2010-projektering) aan vigs gesterf. Tussen 42% en 47% van alle sterftes onder Suid-Afrikaners is vigssterftes.http://www.statssa.gov.za/publications/P0302/P03022010.pdf bladsy 8

Hoewel die besmettingskoers onder volwassenes in Suid-Afrika steeds hoog bly, toon daar ’n afwaartse neiging onder tienderjariges. Die MIV/vigs-voorkomssyfers onder die 15 tot 19-jarige ouderdomsgroep is in 2005, 2006 en 2007 as onderskeidelik 16%, 14% en 13% opgeteken.http://data.unaids.org/pub/Report/2008/20080904_southafrica_anc_2008_en.pdf page 25-26

Voorkoms +Geskatte Geboortes en Sterftes tussen 2002–2014 Jaar Aantal geboortes Aantal sterftes Totale aantal vigssterftes Persentasie vigssterftes 20021 111 987 631 383 257 444 43,6 20031 117 024 667 902 313 477 46,9 20041 120 172 697 473 344 141 49,3 20051 122 148 716 083 363 910 50,8 2006 1 125 755 694 227 343 194 49,4 20071 132 500 647 827 297 659 45,9 20081 141 468 617 202 257 504 41,7 20091 152 319 590 322 228 051 38,6 2010 1 163 629 578 953 213 864 36,9 2011 1 173 164 580 460 211 839 36,5 20121 184 867 575 546 203 293 35,3 20131 196 395 565 310 189 376 33,5 20141 207 711 551 389 171 733 31,1

+MIV-voorkoms skattings, 2002–2014 Jaar % vroue 15-49 jaar % van bevolking 15-49 jaar % van die jeug 15-24 jaar % van totale bevolking Totale hoeveelheid mense met MIV (in miljoene) 200216,7 15,8 14,1 9,0 4,09 200316,9 15,9 13,2 9,1 4,20 200417,0 15,9 12,5 9,2 4,29 200517,1 15,9 11,9 9,3 4,38 200617,3 15,9 11,5 9,4 4,48 200717,5 16,0 11,1 9,5 4,61 200817,7 16,2 10,8 9,7 4,75 200917,9 16,3 10,4 9,8 4,88 201018,0 16,5 10,1 9,9 5,02 201118,2 16,6 9,7 10,0 5,14 201218,3 16,6 9,3 10,1 5,26 201318,4 16,7 9,0 10,1 5,38 201418,5 16,8 8,7 10,2 5,51 Volgens die Suid-Afrikaanse Geesteswetenskappe Navorsingsraad is daar na raming 10,9% van Suid-Afrikaners wat aan MIV/vigs ly.http://www.hsrc.ac.za/research/output/outputDocuments/5890_Setswe_HIVandAIDSepidemicinSA.pdf slide 4

Onder geslag MIV/vigs word die meeste onder vroue van alle ouderdomsgroepe onder die ouderdom van 40 bevind. ’n Benaderende skatting weerspieël dat 4 uit elke 5 mense wat tussen die ouderdom van 20 tot 24 met die MIV/vigs-virus besmet is, vroue is, terwyl slegs een-derde van mans tussen die ouderdom van 25 tot 29 MIV/vigs onder lede het.http://www.hsrc.ac.za/research/output/outputDocuments/5890_Setswe_HIVandAIDSepidemicinSA.pdf slide 5 Hoewel die voorkoms van vigs oor die algemeen meer onder vroue voorkom, maak vroue slegs 1 uit elke 6 van die vigslyers uit wat meer as een seksmaat het.http://www.hsrc.ac.za/research/output/outputDocuments/5890_Setswe_HIVandAIDSepidemicinSA.pdf slide 14

’n Rapsie meer as 50% van Suid-Afrikaners wat seksueel aktief is het al ten minste eenkeer ’n MIV/vigs-toets ondergaan. Hierdie statistiek is onder sowel mans as vroue naastenby eweredig versprei.http://www.hsrc.ac.za/research/output/outputDocuments/5890_Setswe_HIVandAIDSepidemicinSA.pdf slide 19

In 2008 was die lewensverwagting by geboorte 41 jaar vir mans en 46,5 jaar vir vroue.

Onder swanger vroue Die voorkoms van MIV onder swanger vroue is die hoogste in die volkryke KwaZulu-Natal (37%) en die laagste in die Wes-Kaap (13%), Noord-Kaap (16%) en Limpopo-provinsie (18%). In die ander vyf provinsies (die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en Noordwes) is ten minste 26% van swanger vroue wat klinieke vir aanstaande moeders in 2006 besoek het MIV-positief getoets.

Die jongste MIV-data wat by klinieke vir aanstaande moeders verkry is, doen aan die hand dat MIV-besmettingsvlakke aan die afneem is, deurdat die voorkoms van MIV in swanger vroue 30% in 2005 getoon het, 29% in 2006 en 28% in 2007. Die daling in die persentasie MIV-besmette jong swanger vroue tussen die ouderdom van 15 en 24 dui op ’n moontlike afname in die getal jaarlikse nuwe infeksies.

Onder ouderdomme Tussen 2005 en 2008 het die getal ouer tieners met MIV/vigs met amper die helfte verminder.http://www.hsrc.ac.za/research/output/outputDocuments/5890_Setswe_HIVandAIDSepidemicinSA.pdf slide 10 Tussen 2002 en 2008 het die voorkoms onder Suid-Afrikaners bo 20-jarige ouderdom toegeneem, terwyl die syfer vir diegene onder 20 jaar oor dieselfde tydperk ietwat gedaal het.http://www.hsrc.ac.za/research/output/outputDocuments/5890_Setswe_HIVandAIDSepidemicinSA.pdf slide 6

Kondome word die meeste onder die jeug en die minste onder die ouer garde gebruik. Meer as 80% van mans en 70% van vroue onder 25 jaar gebruik kondome, terwyl meer as die helfte van die mans en vroue van tussen 25 en 49 beweer dat hulle kondome gebruik.http://www.hsrc.ac.za/research/output/outputDocuments/5890_Setswe_HIVandAIDSepidemicinSA.pdf slide 17

Meer as 90% van jong volwassenes en meer as 80% van ouer volwassenes is ten volle van die waarheid rakende MIV/vigs toegelig. Landsburgers bo 50-jarige ouderdom dra die minste kennis van MIV/vigs – minder as twee-derdes van hulle ken die waarheid rondom hierdie siekte.http://www.hsrc.ac.za/research/output/outputDocuments/5890_Setswe_HIVandAIDSepidemicinSA.pdf slide 22

Aantal nuwe MIV-infeksies onder volwassenes (15 jaar+ ): 370 000 (2010);http://www.statssa.gov.za/publications/P0302/P03022010.pdf 316 900 (2011)http://www.statssa.gov.za/publications/P0302/P03022011.pdf Nuwe infeksies onder kinders (0-14 jaar): 40 000 (2010); 63 600 (2011)

Onder provinsies In 2008 was meer as die helfte (55%) van alle Suid-Afrikaners wat met MIV besmet is in KwaZulu-Natal en Gauteng woonagtig.

Tussen 2005 en 2008 het die getal mense wat met MIV/vigs besmet is regoor Suid-Afrika gestyg, behalwe in KwaZulu-Natal en Gauteng. KwaZulu-Natal het egter nog steeds die hoogste besmettingskoers in die land – 15,5%. In die provinsie met die laagste besmettingskoers, die Wes-Kaap, het die aantal mense wat met vigs besmet is tussen 2005 en 2008 verdubbel.http://www.hsrc.ac.za/research/output/outputDocuments/5890_Setswe_HIVandAIDSepidemicinSA.pdf slide 8

Die gebruik van kondome het in al die provinsies tussen 2002 en 2008 tweevoudig vermeerder. Die twee provinsies waar die kondome die minste in 2002 gebruik is, was weereens die provinsies wat ook die minste kondome in 2008 gebruik het, naamlik die Noord-Kaap en Wes-Kaap.http://www.hsrc.ac.za/research/output/outputDocuments/5890_Setswe_HIVandAIDSepidemicinSA.pdf slide 18

Die voorkoms van MIV/vigs onder Suid-Afrikaners wat seksueel aktief verkeer, lui volgens provinsie as volg: KwaZulu-Natal: 25,8% Mpumalanga: 23,1% Vrystaat: 18,5% Noordwes: 17,7% Gauteng: 15,2% Oos-Kaap: 15,2% Limpopo: 13,7% Noord-Kaap: 9,2% Wes-Kaap: 5,3%

Algemeen Volgens Patrick MacGoey van Suid-Afrika se Chris Hani Baragwanath-hospitaal, die grootste hospitaal ter wêreld, is “moontlik 50 tot 80 persent van ons pasiënte met MIV besmet”.http://english.aljazeera.net/programmes/general/2009/01/200919132156992987.html

Ekonomiese Impak

’n Vergelyking wat in 2003 deur die resultate van vier voorspellingsmetodes gemaak is, het die verskil tussen ’n MIV/vigs-scenario teenoor ’n nie-MIV/vigs-scenario vir die jaarlikse groeikoerse tussen 2002 en 2015 voorspel. table on page 23 Luidens die navorsing sou die werklike groei in die Bruto Binnelandse Produk met 0,6 persentasiepunte laer wees sou MIV/vigs nie bestaan het nie, maar die BBP-groeikoers per hoof sou 0,9 persentasiepunte hoër wees. Die toename in die bevolking sou met 1,5 persentasiepunte gedaal het en die groei in die arbeidsmag sou 1,2 persentasiepunte laer wees, maar die werkloosheidskoers sou wel ook 0,9 persentasiepunte laer gewees het.

Die Suid-Afrikaanse tak van Daimler-Chrysler het uit hul 2002-begroting bereken dat die MIV/vigs-verwante uitgawes gelykstaande is aan 4% van die totale som salarisse wat in Suid-Afrika uitbetaal is. page 2 In 2000 het Suid-Afrika se tweede grootste maatskappy, Sasol, te kenne gegee dat 15% van hul plaaslike arbeiders MIV-positief is, waarvan 11% aan vigs ly.http://www.wbs.ac.za/download_files/faculty/lecturing_staff/prof_david_dickinson/2002/Dickinson_2002_1.pdf page 14 Volgens die hoofuitvoerende beampte van Suid-Afrika se grootste maatskappy, SAB Miller, sluit die algehele onkostes van MIV/vigs die toename van afwesighede, ingekorte produktiwiteit, en die verhoogde omset- en mediese kostes in.http://www.gbcimpact.org/itcs_node/10/533/interview/1260

Bewusmakingsveldtogte duimnael|Muurkuns in Suid-Afrika versprei die boodskap oor vigs Die vier hoof MIV/vigs-bewusmakingsveldtogte in Suid-Afrika is Khomanani (wat deur die staat befonds word), LoveLife (hoofsaaklik privaat befonds), Soul City (’n televisiedrama-reeks vir volwassenes) en Soul Buddys (’n televisiereeks vir tieners).http://www.hsrc.ac.za/Document-3239.phtml slide 33 Soul City en Soul Buddys is die suksesvolste bewusmakingsveldtogte wat van stapel gestuur is, hoewel albei veldtogte ’n effense afname in doeltreffendheid tussen 2005 en 2008 getoon het. Van al bogenoemde veldtogte is Khomanani die minste suksesvol, hoewel die doeltreffendheid daarvan met meer as 50% tussen 2005 en 2008 verbeter het.

Vigswesies en huishoudings met kinders aan die hoof In Suid-Afrika word ’n weeskind omskryf as ’n kind wie een of beide van sy biologiese ouers aan die dood afgestaan het. In 2005 was daar 3,5 miljoen soortgelyke weeskinders in Suid-Afrika, waarvan 500 000 beide hul biologiese ouers oorleef het.http://www.childrencount.ci.org.za/content.asp?TopLinkID=6&PageID=18 In 2007 was daar na berekening 1 400 000 weeskinders in Suid-Afrika wat weesgelaat is as ’n direkte nagevolge van MIV/vigs.

Data van 2007 dui op 150 000 kinders wat in 79 000 huise bly met kinders aan die hoof daarvan. ’n Huishouding wat deur ’n kind bestuur word, word in Suid-Afrika omskryf as ’n huishouding waar ’n persoon jonger as 17 jaar vir ’n tydperk van ten minste 4 nagte per week teenwoordig is.http://www.childrencount.ci.org.za/content.asp?TopLinkID=6&PageID=68 Daar is in 2008 bevind dat daar te min bewyse is om MIV/vigs aan sulke huishoudings se bestaan te koppel. Huishoudings met kinders aan die hoof, beslaan 0,7 % van alle kinders en 0,5 % van alle huishoudings in 2007, waarvan die syfers min of meer dieselfde as in 2002 gebly het.http://www.state.gov/g/drl/rls/hrrpt/2008/af/119025.htm

Aantal vigswesies: 1,99 miljoen (2010); 2,01 miljoen (2011)

Gepaardgaande besmetting met tering In 2007 is daar tot die gevolgtrekking gekom dat een-derde van MIV-lyers TB (tuberkulose) in hul leeftyd sal opdoen. Hoewel nie alle pasiënte met TB vir MIV getoets is nie, is 40% van TB-lyers in 2006 vir MIV getoets.