Beslan (Russies: Беслан, Osseties: Беслӕн) is ’n dorp in Noord-Ossetië-Alanië in Rusland. Dit het internasionaal bekend geword weens die Beslanskool-gyselaardrama waartydens ’n groep gewapende militante van Ingoesjetië en Tsjetsjnië sowat 1 100 mense, onder wie 777 kinders, op 1 September 2004 by Skool Nommer Een op die dorp aangehou het. Meer as 300 mense is eindelik dood.
Beslan het in 2013 'n bevolking van 37 037 gehad.
Kategorie:Nedersettings in Rusland