Wsewolod II (Russies: Всеволод II Ольгович; ? – 1 Augustus 1146) het van 1139 tot 1146 as grootprins oor Kiëf-Roes regeer. Voor dit, van 1127 tot 1139, was hy grootprins van Tsjernigof. Hy was die seun van Oleg van Tsjernigof.
Hy was met Maria, die dogter van grootprins Mstislaf I van Kiëf, getroud. Hul oudste seun was Swjatoslav III van Kiëf.
Hoewel hy twee seuns gehad het, het hy sy broer, Igor, as sy opvolger gekies en sy onderdane laat belowe dat hulle Igor as hul heerser sal aanvaar. Net voor sy dood het Wsewolod ’n monnik onder die naam Gavriil geword. Hy is ná sy dood as heilige vereer.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Vsevolod II of Kiev
Bron Dimnik, Martin. The Dynasty of Chernigov, 1146–1246, 2003 Рыжов К. В. Всеволод II Ольгович // Все монархи мира. Россия. — М.: Вече, 1998. — Хмыров М. Д. Всеволод II Ольгович // Алфавитно-справочный перечень государей русских и замечательнейших особ их крови. — СПб.: Тип. А. Бенке, 1870. — С. 81—82.
Kategorie:Geboortes in 1104 Kategorie:Huis van Rjoerik Kategorie:Russiese grootprinse Kategorie:Russiese heiliges Kategorie:Sterftes in 1146