duimnael|Die Sint Nikolaas-katedraal, wat deur Mstislaf I laat bou is naby sy paleis in Novgorod.

Mstislaf I of Mstislaf die Grote (Russies: Мстислав Владимирович Великий; 1 Junie 1076 – 14 April 1132) het van 1125 tot 1132 as grootprins oor Kiëf-Roes regeer. Hy was die oudste seun van Wladimir Monomach by Gytha van Wessex. Hy kom prominent voor in die Noorse Sagas onder die naam Harald, ’n verwysing na sy oupa, Harold II van Engeland.

As sy pa se toekomstige opvolger het Mstislaf van 1088 tot 1093 in Nowgorod regeer en, ná ’n kort rukkie in Rostof, weer van 1095 tot 1117. Daarna was hy Monomach se medeheerser in Belgorod-op-die-Dnieper, en ná sy pa se dood het hy die troon van Kiëf geërf. Hy het verskeie kerke in Nowgorod laat bou, waarvan twee nog staan. Mstislaf het konstant oorlog teen ander lande gevoer. Hy was die laaste heerser van Kiëf-Roes voor die land verbrokkel het.

In 1095 is Mstislaf getroud met prinses Christine of Swede, dogter van koning Inge I van Swede. Hulle het verskeie kinders gehad, onder andere Wsewolod van Nowgorod en Pskof, Isjaslaf II van Kiëf, Rostislaf I van Kiëf en Swjatopolk van Pskof.

Christine is op 18 Januarie 1122 oorlede, en later in dié jaar is Mstislaf getroud met die dogter van Dmitri Zawiditsj, ’n adellike van Nowgorod. By haar het hy ’n seun en dogter gehad.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Msistlav I of Kiev

Kategorie:Geboortes in 1076 Kategorie:Huis van Rjoerik Kategorie:Mense in die 11de eeu Kategorie:Mense in die 12de eeu Kategorie:Russiese grootprinse Kategorie:Sterftes in 1132