Selena Quintanilla-Perez (* 16 April 1971; † 31 Maart 1995; kortweg as Selena bekend) was 'n gewilde Meksikaans-Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, danseres, model, mode-ontwerper, aktrise en platevervaardiger, wat die erebynaam "Die Koningin van Tejano-musiek" genoem is. Mitchell, Rick. "Selena". Houston Chronicle, 21 Mei 1995. Besoek op 1 Februarie 2008. Selena, die jongste kind van 'n Meksikaans-Amerikaanse paartjie,het haar eerste album op die ouderdom van twaalf uitgereik. Sy het die toekenning "Female Vocalist of the Year" by die 1987 Trejano-musiektoekennings ontvang en het 'n paar jaar later 'n opneemkontrak met EMI losgeslaan. Haar gewildheid het gedurende die vroeë 1990's toegeneem, veral in Spaanssprekende lande, en ná haar tragiese dood het dit steeds bly groei.

Selena het verdere noemenswaardigheid in Noord-Amerika bereik, nadat sy op die ouderdom van 23 deur Yolanda Saldivar, die president van haar aanhangersklub, vermoor is. Op 12 April 1995, twee weke ná haar dood, het Texas-goewerneur George W. Bush haar geboortedag as "Selena-dag" in Texas verklaar. Orozco, Cynthia E. Quintanilla Pérez, Selena. The Handbook of Texas online. Bekyk op 29 Mei 2009 Warner Bros het in 1997 die rolprent Selena geproduseer — 'n biografiese prent met Jennifer Lopez in die hoofrol. Selena se lewe was ook die basis van die musiekblyspel Selena Forever, met Veronica Vazquez as Selena. In Junie 2006 is Selena met 'n museum en 'n lewensgrootte bronsstandbeeld (Mirador de la Flor in Corpus Christi, Texas) vereer, wat weekliks deur honderde aanhangers besoek word.

Vroeë lewe Selena is gebore in Lake Jackson, Texas van Meksikaans-Amerikaanse ouers, Abraham Quintanilla III en 'n half-Cherokee moeder Marcella Samora. Sy het begin sing op die ouderdom van drie, toe sy nege was, was haar pa die stigter van die sanggroep Selena y Dino's. Hulle het aanvanklik opgetree by die familie se restaurant Quintanilla, Pappa Gayo's.

Stem Selena het in Engels en Spaans gesing.

Diskografie

EMI Latin-albums Selena (1989) Ven Conmigo (1990) Entre A Mi Mundo (1992) Live! (1993) Amor Prohibido (1994) Dreaming of You (1995)

Grootste treffers Classic Series (2006) Forever Selena (2007) Serie Verde (2007) Las Mas Divas de Tejana (2008) Involidable (2009) La Leyenda (2010)

Videografie

Buenos Amigos (1991) La Caracha (1992) No Debes Jugar (1993) La Llamada (1993) Dondequiera Que Estes (1994) Amor Prohibido (1994) No Me Queda Mas (1994) Bidi Bidi Bom Bom (1994) I Could Fall in Love (1995) Dreaming of You (1995) Techno Cumbia (Remix) (1995) El Toro Relajo (1995) Tu, Solo Tu (1995)

Filmografie

Dos Mujers, Un Camino (1993–1994) Don Juan DeMarco (1995)

Verwysings

Eksterne skakels

Q Productions – Amptelike webwerf Selena Quintanilla Wikipedia

Kategorie:Amerikaanse modelle Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Meksikane Kategorie:Modeontwerpers

Kategorie:Sterftes in 1995 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse filantrope