Randall Charles Wicomb (26 November 1945 - 27 Desember 2015) was 'n Afrikaanse sanger en driemalige wenner van die ATKV se Crescendo-sangkompetisie (1975, 1976 en 1977).
Lewensgeskiedenis Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Na skool doen hy militêre opleiding in die valskermbrigade. Hy behaal die graad B.Sc Honneurs (Ekologie) aan die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy kortstondig klasgee aan die Hoërskool Durbanville en Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch.
Hierna bekwaam hy homself as kopersmid by Pieter van Dijk se ateljees in Kaapstad waarna hy volwaardige kopersmidwerk as kuns en opdragwerk beoefen. Hy was ook 'n ywerige antieke glasbottel-/artefakteversamelaar en het ook metaalverklikkeropsporing as stokperdjie beoefen.
Uit sy huwelik met Koba is drie kinders gebore en sy en die drie kinders Pierre-Henri, Saskia en Kobâ het as hele gesin gesamentlik of indiwidueel saam met hom opgetree.
Siekte en afsterwe In 2013 word prostaatkanker by hom gediagnoseer.As gasspreker op "Ontbytsake" deur kykNET. 21 November 2015. Sy lewensverhaal, getiteld "Kleur – my lewe, my lied", is deur die bekende Pretoriase uroloog, dokter Amos van der Merwe, geskryf.
Op 27 Desember 2015, as gevolg van die kanker, sterf Wicomb omstreeks 03:45 in sy huis te Stellenbosch.Randall Wicomb sterf'' , Netwerk24, besoek op 27 Desember 2015.
Diskografie Kalaharikrismis Hie Langes My Oos Wes, Tuis Bes, 16 gedigte van ADAM SMALL met toonsettings deur Randall Wicomb Die Blink Vosperd Griekwa Psalms Hie Neffens My Uiteindelik Die Rooi Rok Hiep-Hiep-Hoera! Hartland Die boerklong se baadtjie staan punt in die wind Sê Dit Die boerklong se baadjie staan punt in die wind, kasset Kleur
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Verwysings
Eksterne skakels Randall Wicomb se amptelike webtuiste
Kategorie:Geboortes in 1945 Kategorie:Sterftes in 2015 Kategorie:Alumni van Hoërskool Jan van Riebeeck Kategorie:Alumni van die Universiteit Stellenbosch Kategorie:Suid-Afrikaanse musici