Die nasionale vlag van Duitsland (Duits: Flagge Deutschlands) bestaan uit drie ewe groot horisontale bane in die nasionale kleure swart, rooi en goud (Duits: Schwarz-Rot-Gold). Die vlag is in 1919 tydens die kortstondige Republiek van Weimar vir die eerste keer goedgekeur en is tot 1933 in gebruik.
duimnael|links|Germania, nasionale personifikasie van Duitsland en die Duitsers – skildery deur Philipp Veit in 1848 vir die Frankfurtse Parlement van 1848/1849 Duitsland se twee kompeterende tradisies van nasionale kleure, swart-rooi-goud en swart-wit-rooi, speel ’n belangrike rol in die Duitse geskiedenis. Die swart-rooi-goud-driekleur het sy eerste verskyning êrens in ’n van Duitsers bevolkte soewereine staat in 1778 gehad en tydens die rewolusies van 1848 ’n wyer bekendheid verwerf.
Reeds voor dié rewolusie het die Bundestag die kleure op 9 Maart 1848 goedgekeur. Die Frankfurtse Parlement van 1848/1849 het in Desember met ’n keiserlike wet gevolg. Die vlag was so algemeen dat dit nie eens in die grondwet van Maart 1849 genoem is nie. Na sy restourasie van 1850/1851 het die Bundestag tot in 1863 geen verdere gebruik van die vlag gemaak nie. Die Noord-Duitse Bond het in sy grondwet die kleure swart-wit-rooi goedgekeur.
Met die vorming van die kortstondige Republiek van Weimar ná die Eerste Wêreldoorlog is die driekleur as nasionale vlag van Duitsland goedgekeur. 16 jaar later, ná die Tweede Wêreldoorlog, is die driekleur in 1949 weer as driekleur van die twee state van Wes- en Oos-Duitsland goedgekeur. Tot en met die byvoeging van die Oos-Duitse wapen in 1959 was die twee vlae identies. Sedert die Duitse hereniging op 3 Oktober 1990 dien die swart-rooi-goud-driekleur as vlag van die herenigde Federale Republiek Duitsland (of Bondsrepubliek Duitsland).
Ná die Oostenryks-Pruisiese Oorlog van 1866 keur die Pruisies gedomineerde Noord-Duitse Bond ’n driekleur van swart-wit-rooi as sy vlag goed. Hierdie vlag word later die vlag van die Duitse Keiserryk, nadat dit tydens die Unifikasie van Duitsland onder leierskap van die Pruisiese koning, wat toe die Duitse Keiser sou word, verenig is. Dié vlag was tot die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918 in gebruik en is deur die driekleur van swart-rooi-goud vervang. Swart, wit en rooi is in 1933 met die oprigting van Nazi-Duitsland onder Adolf Hitler weer as nasionale kleure goedgekeur, waarmee die Duitse republikeinse kleure deur die keiserlike kleure tot en met die einde van die Tweede Wêreldoorlog vervang is.
Die kleure van die moderne vlag word met die republikeinse demokrasie wat in 1848 vir die eerste keer voorgestel is, ná die Eerste Wêreldoorlog opgerig en ná die Tweede Wêreldoorlog herstel is, geassosieer en verteenwoordig Duitse eenheid en vryheid. Tydens die Republiek van Weimar verteenwoordig swart-rooi-goud die demokratiese, sentralistiese en republikeinse politieke partye, soos binne die Reichsbanner Schwarz-Rot-Gold wat deur lede van die Sosiaaldemokratiese, Sentrum en die Demokratiese partye ter verdediging van die republiek teen regse en linkse ekstremiste gestig is.
Die 19de-eeuse Rewolusioniste wat die vlagkleure as klere gedra het, het na die vlag as “Dreifarb” verwys, die Duitse vertaling van die term “Trikolore”. Die vlag van Duitsland het geen amptelike naam nie, maar word algemeen net Schwarz-Rot-Gold (“swart-rooi-goud”) genoem. Daarbenewens is die sinoniem Bundesfarben (“federale kleure”) gebruiklik; in die volksmond word dié vlag ook Deutschlandflagge (“Duitslandvlag”) genoem. Seevaarders verwys soms na die vlag as “Adenauer”, genoem na die eerste Duitse bondskanselier Konrad Adenauer.
Oorsprong duimnael|links|Oorsprong van die swart-rooi-goud: Duitse Rewolusie van 1848 (Berlyn, 19 Maart 1848) duimnael|Kontemporêre litografie van die Nasionale Vergadering in die Frankfurtse Paulskirche op 18 Mei 1848 Die Duitse verbintenis met die kleure swart, rooi en goud het in die radikale 1840's verskyn, toe die swart-rooi-goud-vlag as kenteken teen die konserwatiewe Europese orde gebruik is, wat ná die nederlaag van Napoleon Bonaparte opgerig is.
Oor die oorsprong van die 1848-vlag se kleurskema bestaan verskeie teorieë. Dalk is dit die kleure van die Jena Studenteliga (Jenaer Burschenschaft), een van die radikaalgesinde broederskappe wat deur Klemens von Metternich in die Karlsbad-dekrete verbied is; na die kleure word in hul kanonieke orde in die sewende vers van August Daniel von Binzer se studentliedjie Zur Auflösung der Jenaer Burschenschaft (“Ter ontbinding van Jena se broederskap”) verwys, aangehaal deur Johannes Brahms in sy Akademische Festouvertüre (“Akademiese Fees-Overture”). Die kleure se oorsprong kan ook die uniforms van die Vrye Lützowkorps (hoofsaaklik swart met rooi belegsels en goud knoppies) wees, wat tydens die stryd teen die besettingsmagte van Napoleon uit hoofsaaklik universiteitstudente gevorm is. Hoewel die kleure se oorsprong onbekend is, is hulle tydens hierdie kort periode gou-gou as nasionale kleure aanvaar; veral na hul hergoedkeuring tydens die Weimarse periode word dié kleure algemene simbole van liberalisme. Die kleure verskyn ook op die Middeleeuse Reichsadler (“rykarend”): ’n Rooi gewapende swart arend op ’n geel agtergrond.
Vlagvariante Burgerlike vlag duimnael|Die Duitse vlag van eenheid is ’n nasionale gedenkteken vir die Duitse Hereniging en is op 3 Oktober 1990 gehys. Dit wapper by die Reichstaggebou in Berlyn, die setel van die Duitse regering Die Duitse nasionale vlag of Bundesflagge (Afrikaans: “Federale vlag”) vertoon net die swart-rooi-goue kleure en is as deel van die (Wes-)Duitse grondwet op 23 Mei 1949 goedgekeur. As gevolg van die oprigting van aparte regerings en militêre vlae in volgende jare word die gewone driekleur nou as Duitse burgerlike vlag en vaandel gebruik. Die vlag word ook deur nie-regeringsowerhede gebruik om hul verbintenis met die Federale regering te toon, byvoorbeeld hys die owerhede van die Duitse deelstate die Duitse nasionale vlag langs hul eie vlae.
Regeringsvlag duimnael|links|Bundesdienstflagge by die Duitse Ambassade in Canberra, Australië Die regeringsvlag staan amptelik bekend as Dienstflagge der Bundesbehörden (“staatsvlag van die federale owerhede”) of kort Bundesdienstflagge (“federale diensvlag”). Dit is in 1950 goedgekeur en toon die burgerlike vlag met die Bundesschild (“federale wapen”) daarop, wat die swart en goue bane tot een vyfde oorvleuel. Die Bundesschild is ’n variasie van die wapen van Duitsland, waarvan veral die illustrasie van die arend en die vorm van die skild verskil: Die Bundesschild is aan die basis afgerond, terwyl die gewone wapen spits is. Die regeringsvlag mag net deur owerhede van die federale regering gebruik word en die gebruik daarvan deur ander is ’n misdryf wat met ’n boete gestraf kan word. Die openbare gebruik deur vlae soortgelyk aan die Bundesdienstflagge (byvoorbeeld die gebruik van die hedendaagse wapen in plaas van die Bundesschild) word egter geduld en sulke vlae word soms by internasionale sportbyeenkomste gesien.
Vertikale vlae duimnael|links|upright| Burgerlike vlag (hangend) duimnael|upright| Regeringsvlag (hangend) Bykomend tot die gewone horisontale vorm gebruik baie openbare geboue soos stadsale en skole vertikale vlae. Die meeste stadsale toon hul vlae langs die nasionale vlag op hierdie manier; baie dorpsvlae in Duitsland bestaan slegs in ’n vertikale vorm. Die verhoudings van hierdie vertikale vlae is nie gespesifiseer nie. Op 13 November 1996 is ’n ontwerp vir ’n vertikale vorm van die regeringsvlag goedgekeur wat toevallig met die patroon van die “konvensionele” swart-rooi-goue vlag van die Prinsdom Reuß-Gera van 1806–1918 ooreenstem: Die Bundesschild word in die middel van die vlag vertoon en oorvleuel tot een vyfde die swart en goue bane. Wanneer dit soos ’n banier hang of gedrapeer word, sal die swart baan aan die linkerkant moet wees, soos geïllustreer. Wanneer dit van ’n vertikale vlagpaal gehys word, sal die swart baan na die personeel moet kyk. Hiervoor mag net “egte baniervlae” gebruik word, waar die vlagdoek aan sy kort einde aan ’n kruisstaaf vasgemaak is. Gehys hang die banier sentraal (met die rooi baan in die middel) voor die vlagpaal. Self vir die posisie van die wapen word duidelike reëls genoem:
Diensvlae duimnael|Die presidensiële vlag waai oor die Berlynse Bellevue-kasteel duimnael|Duitsland se oorlogsvaandel op die fregat Niedersachsen Bykomend tot die federale vlag bestaan die diensvlag van die federale owerhede (kort: Federale diensvlag); sy gebruik word in die “Reëling oor die Duitse vlae” (Anordnung über die deutschen Flaggen) van 7 Junie 1950 bepaal:
Die ongemagtigde gebruik van wapen en diensvlag van die Bond kan as ’n wandaad gestraf word (§ 124 OWiG). Dit is om te verhoed dat hierdie simbole deur ’n onbehoorlike gebruik afgegradeer word. Daarbenewens sal die reputasie van die staat moet beskerm word. Die gebruik is nie ongemagtig nie indien die verantwoordelike gesag dit toelaat of indien dit as sosiaal aanvaarbaar beskou kan word. Dit is byvoorbeeld die geval indien ’n blykbare amptelike gebruik vermy kan word. Bohnert, OWiG, 3. Aufl. 2010, § 124 Rn. 5 Kurz, in: Karlsruher Kommentar zum OWiG, 3. Aufl. 2006, § 124 Rn. 9 Die vertoning van ’n diensvlag deur sportondersteuners is darem geen ongemagtigde gebruik nie. Burkiczak, Juristische Rundschau, 2005, S. 50–54 (53) Laitenberger/Bassier, Wappen und Flaggen der Bundesrepublik Deutschland und ihrer Länder, 5. Auflage 2000, bl. 5
Verteenwoordigers van die Duitse Bondsdag en die Bondsraad gebruik dikwels die federale vlag in plaas van die federale diensvlag. Hierdeur sal hul legitimasie deur die en hul solidariteit met die volk, wat die federale vlag, maar nie die federale diensvlag mag gebruik, uitgedruk word. Die diensvlag van die Duitse Federale Pos was van 7 Junie 1950 tot 31 Desember 1994 ’n selfstandige federale diensvlag wat net deur die Duitse Federale Pos en die sy bogeskikte federale departement sou gebruik kon word.
Militêre vlae duimnael|Vlag van die Duitse Vloot: Toespraak van die bondspresident Horst Köhler tydens ’n Bundeswehr-sending na die buiteland in 2004 Sedert die Duitse gewapende magte (Bundeswehr) ’n federale owerheid is, word die Bundesdienstflagge as Duitse oorlogsvlag op land gebruik. In 1956 is die Dienstflagge der Seestreitkräfte der Bundeswehr (“vlag van die Duitse Vloot”) goedgekeur: Die regeringsvlag eindig in ’n swaelstert.
Vlae van die vlootmagte
Die Duitse oorlogsvaandel ter see word as Diensvlag van die Bundeswehr se vloot beskryf. Dit stem ooreen met die federale diensvlag, maar word met ’n swaelstert getoon. Die federale skil is ongeveer in die sentrum tussen die vlagpaal en die insnyding, maar effens verder van die vlagpaal af. Dit maak dus ’n verskil tussen die diensvlag van die vloot en vroeër Reichskriegsflaggen wat meestal die Duitse Ordekruis getoon het. Die diensvlag van die vloot is aan die vlag van 1848 ontleen, soos dit ook deur die Ryksvloot gebruik is. Dit staan darem in die demokratiese tradisie van die “Paulskirchenverfassung”.
Die diensvlag van die Duitse vloot is op orde van die Bondspresident op 25 Mei 1956 goedgekeur. Dit word deur al die oorlogskepe van die Duitse Vloot en hul bootjies getoon. Ook permanent bemanne kusstasies hys dié vlag. Burgerlik bemanne hulpskepe van die vloot, basisse en kaserne van die vloot toon die federale diensvlag. Die Duitse Vloot se beveltekens is in hul ontwerp van die Duitse Keiserryk s’n ontleen. Hulle gebruik as grondslag die swart ysterkruis op ’n wit agtergrond.
Ontwerp duimnael|Spesiale posseël “175 jaar swart-rooi-goud”, uitgereik deur die Duitse Federale Poskantoor in 1990 lang=af|duimnael|Spesifikasies vir die vlag van Duitsland