VfL Bückeburg is 'n sportklub uit Bückeburg in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir Amerikaanse voetbal, pluimbal, bofbal, klootskiet, veerpyltjies, gimnastiek, hokkie, basketbal, atletiek, fietsry, swem, tennis, tafeltennis en vlugbal.

Die klub is 1912 gestig as 'n sokkerklub. Gedurende die laat 1930’s het die klub sy beste jare beleef. 'n Militêre kaserne wat in 1867 in Bückeburg opgerig is genaamd Westfälische Jägerbataillon Nr. 7, is deur die Nazi‘s uitgebrei en ’n groot militêre opleidingskamp het ’n invloei van spelers tot gevolg gehad. Die klub se naam het verander na Militär SV Jäger 7 Bückeburg en in 1938 het die klub sy grootste prestasie behaal deur na die Gauliga Neder-Sakse op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur te promoveer. Die klub het heel skaflik gevaar en 4de geëindig na die 1938/39-seisoen, maar weens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 was alle militêre klubs verplig om aan die einde van die seisoen uit die liga te onttrek. Die klub het wel aan die einde van die seisoen 'n vriendskaplike wedstryd teen FC Schalke 04, destyds die Duitse sokkerkampioen, met 4-2 gewen voor 12 000 toeskouers.

Na die Tweede Wêreldoorlog kon die klub nie weer dieselfde hoogtes bereik nie, maar daar is gedurende die 1950’s vir 'n paar seisoene op die tweede vlak in die Amateur-oberliga meegeding.

Die klub het in 1989 die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal, waar daar in die eerste rondte met 2-0 teen Eintracht Brunswyk vasgeval is.

Onlangse ligaposisionering

1979-80 (VIII) Bezirksklasse Hannover Stapel 2 4de 1980-81 (VIII) Bezirksklasse Hannover Stapel 2 2de 1981-82 (VIII) Bezirksklasse Hannover Stapel 2 1ste 1982-83 (VII) Bezirksliga Hannover Stapel Noord 2de 1983-84 (VII) Bezirksliga Hannover Stapel Noord 1ste 1984-85 (VI) Bezirksoberliga Hannover 2de 1985-86 (VI) Bezirksoberliga Hannover 2de 1986-87 (VI) Bezirksoberliga Hannover 2de 1987-88 (VI) Bezirksoberliga Hannover 3de 1988-89 (VI) Bezirksoberliga Hannover 4de 1989-90 (VI) Bezirksoberliga Hannover 4de 1990-91 (VI) Bezirksoberliga Hannover 4de 1991-92 (VI) Bezirksoberliga Hannover 1ste 1992-93 (V) Landesliga Neder-Sakse Stapel Wes 14de 1993-94 (V) Landesliga Neder-Sakse Stapel Wes 9de 1994-95 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Stapel Wes 10de 1995-96 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Stapel Wes 12de 1996-97 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Wes 14de 1997-98 (VI) Landesliga Hannover 7de 1998-99 (VI) Landesliga Hannover 1ste 1999-00 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Wes 3de 2000-01 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Wes 2de 2001-02 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Wes 13de 2002-03 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Wes 13de 2003-04 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Wes 7de 2004-05 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Wes 12de 2005-06 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Wes 12de 2006-07 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Wes 5de 2007-08 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Wes 17de 2008-09 (VI) Bezirksoberliga Hannover 1ste 2009-10 (V) Oberliga Neder-Sakse Wes

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Neder-Sakse Wes 2009/10-seisoen SV Bad Rothenfelde – SV Bavenstedt – VfL Bückeburg – BV Cloppenburg – BSV Kickers Emden - SpVgg Preussen Hamelen 07 – TSV Havelse – SC Langenhagen – VfL Germania Leer – SV Meppen – Eintracht Nordhorn – VfB Oldenburg – VfL Oldenburg – VfL Osnabrück II – VfL Oythe – SV Ramlingen-Ehlershausen - BSV Swartwit Rehden

Bückeburg