Elektrokardiografie is 'n grafiese voorstelling van die hart se elektriese aktiwiteit vir diagnostiese doeleindes.

Elektriese impulse ontstaan in die sinoatriale node van die hart en versprei daarvandaan deur die geleidingsweefsel van die hart om die hartspier se sametrekking te kontroleer. Hierdie elektriese golwe kan deur elektrodes nagespoor word om swakhede en skade in verskillende areas van die hartspier te toon (soos gevind met miokardiale infarksies). Geleidingsversteurings en ritmeversteurings word ook so ondersoek.

Plasing van die elektrodes met hul etikette is gestandariseer as volg: RL – word gebruik vir die aardelektrode en word op die pasient se regterbeen geplaas RA – op die regterarm geplaas LA – op die linkerarm LL – op die linkerbeen V1 – in die 4e interkostale spasie regs van die pasient se sternum V2 – in die 4e interkostale spasie links van die pasient se sternum V3 – in die middel tussen V2 en V4 V4 – in die 5de interkostale spasie in die mid-klavikulêre lyn links V5 – horisontaal met V4 op die anterior aksilêre lyn V6 – horisontaal met V4 op die mid-aksilêre lyn

Lêer:Precordial Leads 3.svg

Vir beskrywingsdoeleindes word die resulterende golwe as volg beskryf:

Lêer:ECG.png

Kategorie:Mediese prosedures