Brinkumer SV is 'n sportklub uit Stuhr in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir wandel en gimnastiek. Brinkum is 'n dorpsdeel van Stuhr. Aangesien Stuhr aan die stadsrand van Bremen geleë is, ding die klub in die Bremen-ligas mee.
Die klub is in 1924 met die huidige naam gestig en is naas FTSV "Jahn" Brinkum die grootste sportklub in Stuhr.
Die klub het in 2009 sy grootste prestasie behaal deur die Oberliga Bremen te wen, maar het verkies om nie aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Regionalliga deel te neem nie. Die DFB se streng vereistes vir 'n Regionalligalisensie vereis onder meer dat 'n klub oor 'n tuisveld met 'n kapasiteit van minstens 5 000 beskik en die klub sou dit nie kon bekostig (en kon ook nie 'n borg in die hande kry) om 'n groot belegging in infrastruktuur te finansier nie.
Onlangse ligaposisionering
1998-99 (V) Verbandsliga Bremen 15de 1999-00 (VI) Landesliga Bremen 3de 2000-01 (VI) Landesliga Bremen 4de 2001-02 (VI) Landesliga Bremen 9de 2002-03 (VI) Landesliga Bremen 1ste 2003-04 (V) Verbandsliga Bremen 5de2004-05 (V) Verbandsliga Bremen 2de 2005-06 (IV) Oberliga Noord 18de 2006-07 (V) Verbandsliga Bremen 4de 2007-08 (V) Verbandsliga Bremen 3de 2008-09 (V) Oberliga Bremen 1ste 2009-10 (V) Oberliga Bremen
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Bremen 2009/10-seisoen
Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – FC Bremerhaven – OSC Bremerhaven – Brinkumer SV – SV Grohn - Habenhauser FV – TSV Blouwit Melchiorshausen – FC Oberneuland II – TSV Osterholz-Tenever - TuS Schwachhausen – SG Aumund Vegesack – TSV Wulsdorf
Brinkum