In die ontwerp en beskrywing van vlae word dikwels gespesialiseerde vlagterminologie gebruik, bestaande uit presiese en tegniese betekenisse. Dit word beskou as ’n tipe kliektaal.

Beskrywing van standaard vlagdele en -terme regs|250px|Dele van ’n vlag Wapen ’n wapenskild of ander eenvoudige heraldiese simbool Skildhoek enige kwart van ’n vlag, maar gewoonlik verwysend na die linker boonste helfte aan die vlagpaalkant, soos o.a. die sterrehoek in die vlag van die Verenigde State of die Unievlae in die vlae van Australië en Nieu-Seeland Wapenfiguur ’n beeld of simbool in die veld van die vlag vertoon Embleem ’n toestel wat dikwels as ’n wapenfiguur op ’n vlag gebruik word. Dit kan heraldies in oorsprong of modern wees, soos die moepelblaar op die vlag van Kanada Veld die agtergrond van ’n vlag; die kleur agter die wapenfigure Fraiing ’n dun strook of grens op ’n vlag, dikwels in wit of goud, om twee kleure van mekaar te skei. Die wit lyne op die vlag van Suid-Afrika dien as voorbeeld Wapperkant die helfte of deel van die vlag verste van die vlagpaal Vlagpaalkant die helfte of deel van die vlag naaste aan die vlagpaal Breedte die vlag se spanwydte reghoekig tot die vlagpaal Hoogte die vlag se spanwydte ewewydig aan die vlagpaal

Basiese vlagpatrone Vlae beskik dikwels oor kenmerke wat in tradisioneel Europese heraldiese ontwerpe voorkom en gevolglik deel vlagpatrone dieselfde name.

Naam Illustrasie Voorbeeld Grens 200px 200pxVlag van Maledive Skildhoek 200px 200px|borderVlag van die Verenigde State Kwarte 200px 200px|borderVlag van Panama Griekse kruis 200px 150px|borderVlag van Switserland Sint Joriskruis 200px 200px|borderVlag van Georgië Skandinawiese/Noorse kruis 200px 200px|borderVlag van Ysland Pale 200px 200px|borderVlag van Kanada Dwarsbalke 200px border|200x200pxVlag van Oostenryk Skuinsbalke 200px 200px|borderVlag van Tanzanië Keper 200px 200px|borderVlag van Palestina Gaffel 200px 200px|borderVlag van Suid-Afrika Sint Andrieskruis 200px 200px|borderVlag van Skotland

Tegnieke in vlagvertoning Hys – die handeling of funksie wat uitgevoer word om ’n vlag in die lug te kry Stryk – die handeling of aksie wat uitgevoer word om ’n vlag weer neer te laat Halfmas of halfstok – ’n soort vertoning van ’n vlag waar dit wel normaal gehang word, d.i. met die skildhoek links bo en die wydte van die vlag teen die vlagpaal, maar wel nié bo-aan die vlagpaal of mas nie. Die vlag word dan, anders gestel, ongeveer in die helfte van die vlagpaal gehang. Dit kan aandui dat daar ’n noodtoestand heers, of kan só gehys word as aanduiding van leed (bv. wanneer ’n hooggeplaaste persoon oorlede is). Nood – deur ’n vlag onderstebo te hang, of dit in ’n swaaivorm te knoop word ’n noodtoestand aangekondig.

Illustrasies Uitbeelding van vlagillustrasies geskied na gelang van die hangposisie, oftewel met die veronderstelling dat die vlagpaal aan die linkerkant van die vlag sal wees. Die sigbare kant staan dan bekend as die voorkant van die vlag; die ander kant is uiteraard die agterkant. Daar is sommige uitsonderings; by heelparty Islamitiese vlae met Arabiese skrif, is die voorkant van die vlag só gekies dat die vlagpaal aan die regterkant van die vlag is.

Vlagterminologiese simbole ’n Vlagterminologiese simbool word deur vlagterminoloë gebruik om sekere fasette van nasionale vlae aan te dui, soos bv. waar dit gebruik word, wie dit gebruik en hoe die vlag lyk. Die stel simbole wat in hierdie artikel gebruik word staan bekend as internasionale vlagidentifikasiesimbole, en is naamlik deur Whitney Smith opgestel.

Nasionale vlagvariante in gebruik Sommige lande gebruik ’n enkele ontwerp wat dien as nasionale vlag in alle gebruikskontekste; ander lande gebruik veelvuldige vlae wat dien as die nasionale vlag, afhangende van die konteks, bv. deur wie, en waar die nasionale vlag vertoon word. Die ses basiese gebruikskontekste (en moontlike variante van ’n nasionale vlag) is:

23x15px burgerlike vlag – Gebruik deur landsburgers op land 23x15px staatsvlag – Gebruik op openbare geboue 23x15px oorlogsvlag – Gebruik op militêre geboue 23x15px burgerlike vaandel – Gebruik op privaatvaartuie (visserskepe, seiljagte, ens.). 23x15px staatsvaandel – Gebruik op onbewapende staatsvaartuie 23x15px oorlogsvaandel – Gebruik op oorlogskepe

In praktyk kan ’n enkele ontwerp geassosieer word met vele gebruike; byvoorbeeld, ’n enkele ontwerp kan ’n dubbele rol dien as 23x15px oorlogsvlag en -vaandel. Selfs met sulke kombinasies is hierdie raamwerk onvolledig: sommige lande definieer ontwerpe vir gebruikskontekste wat nié in hierdie skema uitgedruk kan word nie, soos lugmagvaandels (apart van oorlogsvlae en -vaandels wat as die nasionale vlag by lugmagbasisse gebruik word; sien Koninklike Lugmagvaandel as voorbeeld) en burgerlike lugvaartvaandels.

Ander simbole Verdere simbole word gebruik om te beskryf hoe ’n vlag lyk, byvoorbeeld of dit verskillende ontwerpe aan weerskante van die vlag het, of om aan te dui dat die vlag vertikaal in plaas van horisontaal gehys moet word, e.s.m. Die volgende simbole is in algemene gebruik:

Lêer:IFIS Normal.svg Die normale of de jure weergawe van vlag, of die voorkant daarvan Lêer:IFIS Proposed.svg ’n Voormalige ontwerpvoorstel wat nooit amptelik aanvaar is nie Lêer:IFIS Reconstruction.svg ’n Gerekonstrueerde ontwerp, gebaseer op waarnemings uit die verlede Lêer:IFIS Reverse.svg Agterkant van die vlag Lêer:IFIS Variant.svg Aanvaarbare variant van die vlagontwerp Lêer:IFIS Alternate.svg Alternatiewe weergawe van die vlag Lêer:IFIS De facto.svg De facto weergawe van die vlag Lêer:IFIS Two-sided.svg Vlag toon verskillende ontwerpe op die voor- en agterkant Lêer:IFIS Sinister.svg Voorkant van die vlag moet só gehys word dat die vlagpaal aan die toeskouer se regterkant is Lêer:IFIS Authorised.svg Ontwerp is amptelik gemagtig deur die regering van ’n nasie om daardie nasie te verteenwoordig Lêer:IFIS Historical.svg Ontwerp is in die verlede gebruik, maar is nou laat vaar (hierdie simbool is nie deel van Smith se oorspronklike stel nie) Lêer:FIAV mirror.svg Agterkant is ’n spieëlbeeld van die voorkant Lêer:IFIS Equal.svg Agterkant is ooreenkomstig met die voorkant Lêer:IFIS No reverse info.svg Inligting op die agterkant is nie beskikbaar nie Lêer:IFIS Vertical normal.svg Vlag kan vertikaal gehang word deur dit op ’n gewone paal te hys en die paal dan negentig grade te draai Lêer:IFIS Vertical rotated.svg Vlag kan vertikaal gehang word indien die ontwerp eers gedraai word Lêer:IFIS Vertical unknown.svg Vertikale hysmetode van die vlag is onbekend Lêer:IFIS Vertical inapplicable.svg Ontwerp het geen element wat geroteer kan word nie Lêer:IFIS Vertical exclusive.svg Vlag kan slegs vertikaal gehys word

Sien ook

Eksterne skakels Vlagterminologiese woordeboek by Flags of the World

Kategorie:Terminologie 2