Die nasionale vlag van Ivoorkus is op 3 Desember 1959 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale driekleur in die kleure oranje-wit-groen, met oranje aan die vlagpaalkant.

Na onafhanklikheid het Ivoorkus ’n alliansie van Wes-Afrikastate gevorm. Die vlae van hierdie state is deur die Pan-Afrika kleure (waarvan Ghana die eerste was) en die Franse driekleur (omdat Frankryk die koloniale mag in daardie gebied was) geïnspireer. Die vlag van Niger maak gebruik van dieselfde kleure as die vlag van Ivoorkus omdat Niger in alliansie was met Ivoorkus.

Simboliek duimnael|’n Wapperende vlag van Ivoorkus duimnael|Die vlag van Ierland en dié van Ivoorkus wapper langs mekaar Die kleure op die vlag is veronderstel om die volgende voor te stel: oranje stel die grond voor asook die betekenis van die geveg en die bloed van ’n jong volk wat om vrymaking geveg het, wit stel vrede met regverdigheid voor en groen stel hoop op ’n voorspoedige toekoms voor. Ander bronne meen dat die oranje die savannas in die noorde van die land voorstel en groen die woude van die suide. Wit is dan ’n simbool van eenheid. Die vlag van Niger het dieselfde betekenis.

Die vertikale verhoudings van die bane is dieselfde as dié van die Franse vlag. Flags of the World (2004): Guinea, URL besoek op 19 Desember 2020.

Kleure Die kleurskema word hieronder gelys:

KleurePantoneRGBHeksadesimaalCMYKOranje151 C255, 130, 0 #FF82000, 54, 100, 0WitN/A255, 255, 255#FFFFFF0, 0, 0, 0Groen347 C0, 154, 68 #009A4492, 0, 97, 0

Ander vlae Soortgelyke vlae Die ontwerp van die vlag van Ivoorkus stem baie ooreen met die vlag van Ierland, behalwe dat die verhouding verskil en die kleure omgekeerd is.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Ivoorkus by Flags of the World

Kategorie:Ivoorkus Ivoorkus