duimnael|regs| Weserbergland-stadion, Hamelen

SpVgg Preussen Hamelen 07 is 'n sokkerklub uit Hamelen in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland.

Geskiedenis Die huidige klub het in 1949 tot stand gekom met die samesmelting van Spielvereinigung Hameln 07 met FC Preußen Hameln von 1912. Die klub het sy beste jare in die daaropvolgende 15 jaar beleef, toe daar tot 1964 op die tweede hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur in die Amateur-Oberliga meegeding is.

Die klub se grootste prestasie was om die eerste rondte van die DFB-Pokal te haal in 1976 (verloor met 5-0 teen 1. FC Saarbrücken) en 1979 (verloor met 5-0 teen SpVgg Bayreuth).

Die klub was in 1999 op die randjie van bankrotskap en was verplig om vrywillig na die negende liga te relegeer.

Spielvereinigung Hameln 07 Die klub se oudste voorganger is FC Saxonia Hameln wat in 1907 gestig is. In 1928 is daar met Hamelner Sportvereinigung saamgesmelt om Hamelner Sportvereingung Saxonisa von 1907 te vorm. Hamelner Sportvereingung was self 'n samesmelting uit 1925 tussen FC Olympia Hameln (gestig in 1910) en FC Borussia Hameln (gestig in1913).

FC Preußen Hameln von 1912 Die klub het in 1928 ontstaan as VfB Hameln met die samesmelting van VfB Preussen Hameln met Sportclub Grün Weiß Hameln (gestig in 1926). In 1933 is die naam verander na FC Preußen Hameln von 1912. VfB Preussen Hameln was op sy beurt 'n samesmelting uit 1921 tussen VfB Hameln (gestig in 1912) en SC Preussen Hameln (gestig in 1920).

Onlangse ligaposisionering

1979-80 (III) Amateur-Oberliga Noord 14de 1980-81 (III) Amateur-Oberliga Noord 17de 1981-82 (IV) Verbandsliga Nedersakse 17de 1982-83 (V) Landesliga Nedersakse Wes 6de 1983-84 (V) Landesliga Nedersakse Wes 12de 1984-85 (V) Landesliga Nedersakse Wes 10de 1985-86 (V) Landesliga Nedersakse Oos 1ste 1986-87 (IV) Verbandsliga Nedersakse 4de 1987-88 (IV) Verbandsliga Nedersakse 3de 1988-89 (IV) Verbandsliga Nedersakse 10de 1989-90 (IV) Verbandsliga Nedersakse 6de 1990-91 (IV) Verbandsliga Nedersakse 9de 1991-92 (IV) Verbandsliga Nedersakse 14de 1992-93 (IV) Verbandsliga Nedersakse 2de 1993-94 (III) Amateur-Oberliga Nord 16de 1994-95 (IV) Oberliga Nedersakse/Bremen 14de1995-96 (V) Nedersakseliga Wes 13de 1996-97 (V) Nedersakseliga Wes 11de 1997-98 (V) Nedersakseliga Wes 11de 1998-99 (V) Nedersakseliga Wes 16de 1999-00 vrywillig onttrek 2000-01 (IX) Kreisliga Hamelen-Pyrmont 2de 2001-02 (IX) Kreisliga Hamelen-Pyrmont 1ste 2002-03 (VIII) Bezirksklasse Hannover 2 1ste 2003-04 (VII) Bezirksliga Hannover Stapel 1 2de 2004-05 (VII) Bezirksliga Hannover Stapel 2 2de 2005-06 (VI) Landesliga Hannover 11de 2006-07 (VI) Bezirksoberliga Hannover 7de 2007-08 (VI) Bezirksoberliga Hannover 1ste 2008-09 (V) Oberliga Nedersakse Wes 11de 2009-10 (V) Oberliga Nedersakse Wes

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Neder-Sakse Wes 2009/10-seisoen SV Bad Rothenfelde – SV Bavenstedt – VfL Bückeburg – BV Cloppenburg – BSV Kickers Emden - SpVgg Preussen Hamelen 07 – TSV Havelse – SC Langenhagen – VfL Germania Leer – SV Meppen – Eintracht Nordhorn – VfB Oldenburg – VfL Oldenburg – VfL Osnabrück II – VfL Oythe – SV Ramlingen-Ehlershausen - BSV Swartwit Rehden

Hamelen