Helios (Grieks: Ἥλιος; Homeriese Grieks: Ἠέλιος) was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Hy was die vergestalting van die Son. Sy naam word gelatiniseer as Helius en hy word dikwels Huperion ("die een bo") en Faëton ("die skitterende een") genoem.

Helios was die seun van die Titane Huperion en Teia (Hesiodus) of Eurufaissa (Homeros) en die broer van die godinne Selene (Maan) en Eos (Daeraad). Die drie se name was ook die algemene Griekse name vir son, maan en daeraad.

Helios word dikwels in kuns uitgebeeld met 'n stralende kroon terwyl hy 'n strydwa deur die lug drywe wat deur perde getrek word. Hy was die beskermgod van ede en die god van sig. Hoewel Helios in klassieke Griekeland 'n redelik onbelangrike god was, het sy aanbidding toegeneem in die Laat Oudheid danksy sy identifikasie met verskeie groot songode van die Romeinse tydperk, veral Apollo en Sol. Die Romeinse keiser Julianus het Helios die sentrale god gemaak toe hy godsdiens in die 4de eeu n.C. vir 'n kort ruk laat herleef het.

Helios kom prominent voor in verskeie werke van Griekse mitologie, poësie en letterkunde. Sy merkwaardigste verhaal in die Griekse mitologie is dié van sy sterflike seun Faëton.Maart, s.v. Helios

In die Homeriese eposse is sy vernaamste rol die een wat hy vertolk in die Odussee, waar Odusseus se manne sy beeste eet ondanks waarskuwings. Toe hy daarvan hoor, het Helios vir Zeus gevra om dié te straf wat hom te na gekom het, en Zeus het hulle boot met 'n weerligstraal geslaan. Almal is dood, behalwe Odusseus, die enigste een wat nie die beeste geëet het nie.Homeros, Odussee, XII.262, 348, 363.

Vanweë Helios se posisie as die son is geglo hy is 'n alomteenwoordige getuie, en hy is dus in ede aangeroep. Hy het ook 'n aansienlike rol in antieke magie en towerspreuke gespeel. In kuns word hy gewoonlik uitgebeeld as 'n baardlose jongeling in 'n soort tuniek en met 'n sweep in die hand waar hy 'n wa met vier perde drywe. Hy is dikwels vergesel van ander gode, soos Selene en Eos, of die sterre.

Helios is op verskeie plekke aanbid, maar sy belangrikste kultus was op die eiland Rhodos, waarvan hy die beskermgod was. Die Kolos van Rhodos, 'n reusagtige standbeeld van die god, het die hawe van Rhodos versier totdat dit in 'n aardbewing verwoes is. Dit is daarna nie herbou nie.

Oorsprong duimnael|links|240px|Helios in sy strydwa, vroeg 4de eeu v.C., Atena se tempel, Ilion.

Helios se oorsprong is waarskynlik Proto-Indo-Europees. Walter Burkert het geskryf: "... Helios, die songod, en Eos-Aurora, die godin van die dagbreek, is ongetwyfeld van 'n Indo-Europese linie in beide etimologie en hulle status as gode" en "kon 'n rol gespeel het in Proto-Indo-Europese poësie". Die beeld van 'n songod in 'n strydwa het waarskynlik 'n Proto-Indo-Europese oorsprong.Pachoumi, Eleni. 2015. "The Religious and Philosophical Assimilations of Helios in the Greek Magical Papyri." Greek, Roman, and Byzantine Studies, 55: 391–413.Gelling, P. en Davidson, H.E. The Chariot of the Sun and Other Rites and Symbols of the Northern Bronze Age. Londen, 1969.

Griekse sonbeelde begin met die gode Helios en Eos, wat broer en suster is, wat in die dag-nag-siklus die dag (hemera) en aand (hespera) geword het, terwyl Eos Helios vergesel op sy reis deur die lug. Snags laat hy sy perde wei en reis hy oos in 'n goue boot. In hulle is die Indo-Europese groepering van 'n songod en sy suster, sowel as die verbinding met perde, duidelik.

Die naam van Helena van Troje het vermoedelik dieselfde etimologie as Helios,Euripides, Robert E. Meagher, Helen, Univ of Massachusetts Press, 1986O'Brien, Steven. "Dioscuric Elements in Celtic and Germanic Mythology". Journal of Indo-European Studies 10:1 & 2 (Spring–Summer, 1982), 117–136.Skutsch, Otto. "Helen, her Name and Nature". Journal of Hellenic Studies 107 (1987), 188–193. en sy verteenwoordig dalk 'n vroeë alternatiewe verpersoonliking van die son as die Proto-Indo-Europese Sonmaagd. In die Griekse tradisie wat behoue gebly het, is Helen egter nooit Helios se dogter nie, maar die dogter van Zeus.

Helios se reis in 'n strydwa bedags en met 'n boot op die oseaan snags, weerspieël dalk die Egiptiese god Ra, wat elke oggend herbore is ná sy bootreis deur die nag.

thumb|300px|'n Reliëf van Helios (1830), Stuttgart. Beskrywing Helios word gewoonlik uitgebeeld as ’n aantreklike jong man met die helder ligkrans van die son op sy kop wat elke dag ’n strydwa van die son oor die lug heen ry na Okeanos, wat die aarde omring, en deur die wêreldoseaan totdat hy snags na die ooste terugkeer. In die lofsang van Homeros aan Helios word gesê Helios se strydwa word deur rosse getrek. Later is vuurverwante name aan die perde gegee: Pirois, Aios, Eton en Flegon. Helios se ligkrans het aanvanklik 12 strale gehad: een vir elke maand van die jaar.

thumb|links|200px| 'n Borsbeeld van Helios, 2de eeu n.C., Antieke Agoramuseum, Athene. Helios is die enigste broer van die godinne Eos en Selene. Hy was nie een van die belangrikste gode nie, maar 'n skaduryke figuur van die Olimpiese sirkel, al was hy een van die oudstes. Helios kan beskryf word as 'n Titaan van die tweede generasie. Hy is verbind met harmonie en orde, beide letterlik as die beweging van die hemelliggame en metafories in die sin dat hy orde in die gemeenskap gebring het.

Helios word beskou as beide ’n personifikasie van die son en die basiese skeppingskrag daaragter,Wright, Wilmer Cave. 1913. The works of Emperor Julian, volume 1. en word gevolglik dikwels aanbid as ’n god van lewe en skepping. Homeros beskryf Helios as ’n god "wat vreugde aan sterflikes gee".Homeros, Odussee Boek 12

thumb|200 px|'n Voorstelling van die Kolos van Rhodos. Die eiland Rhodos was ’n belangrike sentrum vir die kultus van Helios; dit was een van die min plekke in antieke Griekeland waar hy as ’n belangrike god aanbid is.Burkert, p. 174 Die aanbidding van Helios by Rhodos het ’n ritueel ingesluit waarin ’n strydwa wat deur vier perde getrek word, oor ’n krans tot in die son gestuur is, ’n voorstelling van die mite van Faëton. Jaarlikse gimnastiektoernooie is ter ere van Helios gehou en die Kolos van Rhodos is aan hom opgedra. Helios het ook ’n aansienlike aanhang in Korinte op die Griekse vasteland gehad.Pausanias. Description of Greece, 2.1.6.

Mitologie God van die son Opkoms en ondergang thumb|links|180px|Helios die opkomende son, skildery op 'n terracottaskyf, 480 v.C., Agoramuseum Athene. thumb|200px|Helios en Selene, deur Johann Rathausky, fonteinbeeld, Opatija, Kroasië.

Helios is beskou as 'n god wat elke dag in sy strydwa van oos na wes ry; hy het opgekom van die Okeanosrivier af en in die weste ondergegaan. Dit is onduidelik of dié reis beteken hy het deur Tartaros gereis.

Atenaios vertel in sy Deipnosofistai dat Helios met sonsondergang in 'n groot beker van suiwer goud geklim het vir sy reis deur die donker ure. Volgens Atenaios het Mimnermos gesê Helios het snags in 'n bed ooswaarts gereis (wat deur Hefaistos geskep is), eerder as 'n beker.Atenaios, Deipnosofistai 11.39

Hoewel die strydwa gewoonlik die werk van Hefaistos genoem word, sê Huginus Helios het dit self gebou. Die wa word as "goud" beskryf, of soms "rosig", en is deur vier wit perde getrek. Helios se suster Eos het nie net die poorte vir Helios oopgemaak nie, maar hom dikwels ook vergesel.Bell, s. v. Eos

Sonsverduisterings Sonsverduisterings was verskynsels van vrees en verwondering in antieke Griekeland, en is beskou as die son wat die mensdom verlaat.Glover, Eric. "The eclipse of Xerxes in Herodotus 7.37: Lux a non obscurando." The Classical Quarterly, vol. 64, no. 2, 2014, pp. 471–492. New Series. Besoek op 12 September 2021. Volgens 'n fragment van Archilochos was dit Zeus wat Helios geblokkeer en gemaak het dat hy uit die lug verdwyn.Archilochos frag 122; Rutherford, p. 193 In een van sy gedigte beskryf die liriese digter Pindar 'n sonsverduistering as die son wat van die wêreld weggesteek word, en dat dit 'n slegte voorbode van verwoesting en onheil is.Ian Rutherford, Pindar's Paeans: A reading of the fragments with a survey of the genre.

Helios se perde thumb|260px|Die perde van Helios, Westminster, Londen.

Lyste van die name van Helios se perde verskil, maar dit het altyd te doen met vuur, vlamme, lig en ander liggewende verskynsels.Slim, Hédi. "La chute de Phaeton sur une mosaïque de Barrarus-Rougga en Tunisie". In: Comptes rendus des séances de l'Académie des Inscriptions et Belles-Lettres. 147e année, N. 3, 2003. p. 1121. DOI: https://doi.org/10.3406/crai.2003.22628; www.persee.fr/doc/crai_0065-0536_2003_num_147_3_22628

Volgens Atenaios het Alexander van Aitolië geskryf 'n magiese krui het op die eiland Trinasië gegroei wat heilig vir Helios was en wat sy perde gehelp het om nie moeg te word nie. Eschrion van Samos het gesê dit was as "die hond se tand" bekend en is glo deur Kronos gesaai.<ref>Atenaios, Deipnosofistai' 7.294C</ref>

Verkryging van Rhodos thumb|left|300px|'n Silwer tetradragme van Rhodos met Helios en 'n roos op (205-190 v.C.)

Volgens PindarPindar, Olympian Odes 7 was Helios afwesig toe die gode die aarde tussen hulle verdeel het, en daarom het hy geen grond gekry nie. Hy het by Zeus daaroor gekla. Dié het aangebied om die aarde weer te verdeel, maar Helios het dit van die hand gewys, want hy het 'n nuwe land uit die see te voorskyn sien kom. Dit was 'n ryk stuk grond en produktief vir mense sowel as vir beeste. Helios het gevra of hy die eiland kan kry, en Zeus het ingestem. In 'n ander tradisie het Helios self die eiland uit die see laat opkom toe hy die water wat dit bedek het, laat verdwyn het.Diodorus Siculus, Bibliotheca Historica 5.56.3 Hy het dit Rhodos genoem na sy geliefde Rodos, die dogter van Poseidon en Afrodite.Scholia on Pindar's Olympian Odes 7.25

Rhodos het die god se heilige eiland geword waar hy meer as ander gode aanbid is. By sy geliefde Rodos het Helios sewe seuns gehad, bekend as die Heliadai ("seuns van die son"), wat die eerste heersers van die eiland geword het, sowel as 'n dogter, Alektrona. Drie van hulle kleinseuns het die stede Ialusos, Kamiros en Lindos op die eiland gestig wat na hulleself genoem is. So het Rhodos syne en sy nageslag s'n geword, met die inheemse volke van Rhodos wat beweer hulle stam van die Heliadai af.Conon, Narrations 47

Faëton thumb|220px|Klumene sê vir haar seun om sy pa op te spoor, graveerwerk uit 1589 deur Hendrik Goltzius.

Die bekendste verhaal oor Helios is die een van hom en sy seun Faëton, wat hom vra om sy strydwa vir een dag te bestuur. Hoewel in alle weergawes aangedui word dat Faëton vir Helios oorreed om hom die strydwa te laat bestuur en dat hy met rampspoedige gevolge in sy taak misluk, is daar verskeie feite wat van weergawe tot weergawe verskil, soos die identiteit van Faëton se ma; die plek waar die verhaal afspeel; die rol wat Faëton se susters, die Heliades speel; die motivering vir Faëton se versoek; en selfs die presiese verhouding tussen die god en die sterflike.

Tradisioneel is Faëton Helios se seun by die Okeanied Klumene,Ovidius, Metamorfoses; Euripides, Phaethon; Nonnus, Dionysiaca; Higinus, Fabulae 152A of alternatiewelik RodosScholia oor Homeros, Odussee 17.208 of die andersins onbekende Prote.John Tzetzes, Chiliades 4.127 In een weergawe is Faëton Helios se kleinseun, en nie sy seun nie, deur die seun se pa, Klumenos. In dié weergawe is die seun se ma 'n Okeanied met die naam Merope.Higinus, Fabulae 154

220px|thumb|Helios en Faëton saam met Saturnus en die Vier Seisoene, deur Nicolas Poussin.