Leto (Grieks: Λητώ) was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Sy was die godin van onsigbaarheid.

Leto was die dogter van die Titane Koios en Foibe (volgens Hesiodus) en die suster van Asteria. Sy is ook die ma van Zeus se tweeling Apollo en Artemis. Ná hul geboorte het sy feitlik van die toneel af verdwyn.

Haar eweknie in die Romeinse mitologie is Latona.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Leto

Eksterne skakels Theoi Project: Leto

Kategorie:Titane