TuS Schwachhausen is 'n sportklub uit Bremen in die deelstaat Vrye Hansestad Bremen in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir tafeltennis en prelbal. Schwachhausen is 'n stadswyk van Bremen wat tot in 1912 'n onafhanklike dorp was.
Die klub is op 3 April 1883 gestig as Schwachhauser Turnverein. Die klub was 'n herstigting van 'n gelyknamige gimnastiekklub wat in 1870 gestig is, maar later doodgeloop het. Die sokkerafdeling het in 1916 tot stand gekom en in 1922 het die afdeling onafhanklik geword en met Bremer Ballspielverein saamgesmelt om BBV Union te vorm. Teen 1926 het die twee klubs egter weer uitmekaargespat en het die Schwachhauserse sokkerspelers 'n nuwe klub, Schwachhauser Sportverein, gestig. Die klub het eers weer in 1945 met die moederklub Schwachhauser Turnverein verenig as TuS Schwachhausen–Horn. In 1948 het die hele tweede span uit die klub bedank en 'n nuwe klub genaamd TSV Borgfeld gestig, waaruit die sokkerklub SC Borgfeld later ontstaan het.
Die klub se grootste prestasie was om die eerste rondte van die DFB-Pokal in 1974 te haal, waar daar in die eerste rondte met 3-0 teen FC 08 Homburg vasgeval is.
Onlangse ligaposisionering
1998-99 (VII) Bezirksliga Bremen 7de 1999-00 (VII) Bezirksliga Bremen 7de 2000-01 (VII) Bezirksliga Bremen 7de 2001-02 (VII) Bezirksliga Bremen 13de 2002-03 (VII) Bezirksliga Bremen 10de 2003-04 (VII) Bezirksliga Bremen 10de2004-05 (VII) Bezirksliga Bremen 9de 2005-06 (VII) Bezirksliga Bremen 1ste 2006-07 (VI) Landesliga Bremen 3de 2007-08 (VI) Landesliga Bremen 1ste 2008-09 (V) Oberliga Bremen 14de 2009-10 (V) Oberliga Bremen
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Bremen 2009/10-seisoen
Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – FC Bremerhaven – OSC Bremerhaven – Brinkumer SV – SV Grohn - Habenhauser FV – TSV Blouwit Melchiorshausen – FC Oberneuland II – TSV Osterholz-Tenever - TuS Schwachhausen – SG Aumund Vegesack – TSV Wulsdorf
Kategorie:Bremen Schwachhausen