Sigismund III Wasa (Pools Zygmunt III Waza, Litaus Zigmantas Vaza, Sweeds Sigismund Vasa; * 20 Junie 1566 in die Gripsholm-kasteel te Mariefred in Swede; † 30 April 1632 in Warskou, Pole) was vanaf 1587 as koning van die Koninkryk Pole en as grootvors van die Grootvorstedom Litaue die verkose staatshoof van Pole-Litaue, vanaf 1592 tot en met sy afsetting deur die Sweedse Ryksdag van State in 1599 erfkoning van Swede en vanaf 1599 tot en met sy afsterwe in 1632 titulêre koning van Swede.
Sigismund III is as die seun van koning Johan III van Swede en Katharina Jagiellonka, die suster van die Poolse koning Sigismund II Augustus, gebore. Hy was sodoende sowel 'n lid van die Huis van Wasa asook die Jagiëllone-dinastie.
Koninklike titulatuur duimnael|links|250px|Wapen van Pole-Litaue onder die huis van Wasa Titulatuur in Latyn: „Sigismundus Tertius Dei gratia rex Poloniæ, magnus dux Lithuaniæ, Russiæ, Prussiæ, Masoviæ, Samogitiæ, Livoniæque, necnon Suecorum, Gothorum Vandalorumque hæreditarius rex.“
Afrikaanse vertaling: „Sigismund, deur die genade van God koning van Pole, grootvors van Litaue, Roes, Pruise, Masowië, Samogitië, Lyfland, eweso erfkoning van die Swede, Gote en Vandale.“
Kategorie:Geboortes in 1566 Kategorie:Litause monarge Kategorie:Poolse monarge Kategorie:Sterftes in 1632 Kategorie:Sweedse monarge