BSV Ölper 2000 is 'n sportklub uit Brunswyk in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir handbal, swem, pluimbal gimnastiek, kegelbal en tennis. Ölper is 'n stadsdeel van Brunswyk wat tot in 1934 'n onafhanklike dorp was.

Die klub het op 15 Junie 2000 tot stand gekom met die samesmelting van die tradisionele Ölperse sportklubs Braunschweiger SV von 1922 en Sportfreunde Ölper von 1929, nadat albei klubs se lede met 'n oorweldigende meerderheid ten gunste van die samesmelting gestem het. Die nuwe klub het in sy eerste seisoen reeds sukses behaal deur die Landesliga te wen en na die Verbandsliga Nedersakse-Oos te promoveer.

Beide stamklubs het vir die grootste deel van hulle bestaan 'n lae profiel gehandhaaf, maar Sportfreunde Ölper het die voormalige Duitse nasionale speler Tobias Rau opgelewer, wat sy loopbaan as jeugspeler by die klub begin het.

Onlangse ligaposisionering 2000-01 (VI) Landesliga Brunswyk 1ste 2001-02 (V) Verbandsliga N-S Oos 11de 2002-03 (V) Verbandsliga N-S Oos 11de 2003-04 (V) Verbandsliga N-S Oos 10de 2004-05 (V) Verbandsliga N-S Oos 8ste 2005-06 (V) Verbandsliga N-S Oos 13de 2006-07 (V) Verbandsliga N-S Oos 10de 2007-08 (V) Verbandsliga N-S Oos 12de 2008-09 (V) Oberliga N-S Oos 9de 2009-10 (V) Oberliga N-S Oos

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoenSV Ahlerstedt-Ottendorf – SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – Rooiwit Cuxhaven – SV Drochtersen-Assel – MTV Gifhorn – SVG Göttingen 07 – TuS Güldenstern-Stade – TuS Heeslingen – VfV Borussia 06 Hildesheim – FC Hansa Lüneburg – FC Eintracht Northeim – BSV Ölper 2000 – VSK Osterholz-Scharmbeck – TSV Ottersberg – USI Lupo-Martini Wolfsburg

Olper Kategorie:Brunswyk