Mongu is die hoofstad van Zambië se Westelike Provinsie (die eertydse Barotseland) en het in 2020 'n geskatte bevolking van 113 237 gehad.
Mongu is die provinsie se grootste dorp met meer as tweekeer soveel inwoners as die naasgrootste Sesheke. Dit bied alle moderne geriewe soos banke, vulstasies, 'n paar klein hotelle en winkels,Gray William, Globetrotter Travel Guide Zambia and Victoria Falls, New Holland Publishers (UK) Ltd, London, 2007 waaronder die Suid-Afrikaanse kruidenierswarewinkel Shoprite. Die nabygeleë Nayuma-museum huisves interessante uitstallings oor die Lozi-stam se kuns en kultuur. Noord van die dorp is daar verskeie hengel- en kampeerplekke aan die bolope van die Zambezirivier.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Zambië