Rupiah Bwezani Banda (19 Februarie 1937 – 11 Maart 2022) was 'n Zambiese politikus wat vanaf 2008 tot 2011 as die vierde president van Zambië gedien het.
Tydens die ampstermyn van die eerste president, Kenneth Kaunda, het Banda belangrike diplomatieke ampte beklee en was aktief by die politiek betrokke as lid van die destydse regerende party, die United National Independence Party. In 2006 stel president Levy Mwanawasa vir Banda as sy adjunk aan, ná eersgenoemde die tweede maal tot president verkies is.
Ná Mwanawasa 'n beroerte kry in Egipte tydens 'n spitsberaad van die Afrika-unie in Junie 2008, word Banda die waarnemende president en van 19 Augustus 2008, Mwanawasa se sterfdag, tydelike president. Banda wen 'n buitengewone presidentsverkiesing in Oktober 2008 en was tot 2011 Zambië se president.
Kategorie:Presidente van Zambië Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Sterftes in 2022