duimnael|links|260px|Die NG gemeente Vanwyksvlei is in 1917 van 'n gedeelte van die NG gemeente Carnarvon afgestig. duimnael|links|260px|Die hotel op Vanwyksvlei.
Van Wyksvlei (of Van Wyk's Vlei) is 'n dorp, deel van die Kareeberg Plaaslike Munisipaliteit, wat ook uit Vosburg en Carnarvon bestaan. Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 1 721, waarvan 92.5% Kleurlinge en 4.0% Blankes is.2011-sensus (Van Wykslvlei) Die R357-streeksroete verbind die dorp met sy buurdorpe.
Geskiedenis Die dorp is in 1882 aanvanklik as Van Wyk's Vley Estate gevestig en na 'n plaaslike boer vernoem. Munisipale status is in 1975 toegeken.
Omgewing Die dorp lê op die suidelike rand van die Boesmanland en word omring deur soutpanne. Die Vanwyksvleidam is in 1883 voltooi en is die eerste dam wat deur die Staat gebou is. Daar is Boesmanrotskuns by Springbokoog, 30 km noordwes van die dorp.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap