Die nasionale vlag van Burundi is op 28 Maart 1967 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n Sint Andrieskruis wat die vlag verdeel in vier driehoeke met bo en onder in rooi en links en regs (vlagpaalkant en wapperkant) in groen; in die middel van die vlag is ’n wit skyf met drie sespuntige rooi sterre met groen fraaiings.

Simboliek Die groen simboliseer hoop, die wit simboliseer reinheid en die rooi simboliseer die bloed wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid. Die drie sterre in die skyf stel die drie vernaamste etniese groepe van Burundi voor: die Hutu, die Twa en die Tutsi. Die drie sterre staan ook vir die drie elemente in die nasionale leuse: eenheid, werk en vooruitgang. Burundi by Flags of the World, URL besoek op 14 Mei 2019.

Ontwerp Tot 27 September 1982 was die verhouding van die vlag 2:3 deur amptelike regulasies.

Ander vlae

Sien ook

Wapen van Burundi

Verwysings

Eksterne skakels

Burundi by Flags of the World

Kategorie:Burundi Burundi