duimnael|250px|Ets deur Aleksei Zoebof, 1716.
Ekaterinhof of Katharinahof (Russies: Екатеринго́ф) is ’n historiese distrik in die suidwestelike deel van Sint Petersburg, Rusland. Die naam het in 1711 ontstaan toe tsaar Pieter die Grote die Ekaterinhof-eiland en die aangrensende grond geskenk het aan sy vrou, die latere Katharina I van Rusland. Hy het ’n houtpaleis met twee verdiepings, ’n kanaal en hawe laat bou. Die projek is ná sy dood laat vaar en dis eindelik in 1924 in ’n brand vernietig.
duimnael|700px|senter|
Notas Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Catherinehof
Bronne
Дубяго Т. В. Русские регулярные сады и парки [Russiese Tuine en Parke]. Leningrad, 1963.
Kategorie:Geboue en strukture in Sint Petersburg Kategorie:Russiese argitektuur