duimnael|300px|Die Jelagin-paleis in Sint Petersburg.

Die Jelagin-paleis (Russies: Елагин дворец; Jelagin dworets), wat in 1822 voltooi is, is ’n paleis op Jelagin-eiland in Sint Petersburg. Dit was die somerwoning tydens die bewind van tsaar Aleksander I en is deur die argitek Carlo Rossi ontwerp vir Aleksander sa ma, Maria Fjodorowna. Dit is tydens die Tweede Wêreldoorlog verwoes, maar is later herbou en huisves tans ’n museum.

Verwysings ''Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel

Eksterne skakels

Webwerf met foto's uit 1909 en inligting oor Jelagin-paleis Foto's van die binnekant van die paleis

Kategorie:Paleise in Rusland