Die Salomonseilande (Engels: Solomon Islands; Pijin: Solomon Aelan) is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië suid van die ewenaar met 'n oppervlakte van 28 896 km² en 'n bevolking van 726 799 in 2024. Die Salomonseilande is oos van Papoea-Nieu-Guinee, suid van Nauru, wes van Tuvalu, noord van Vanuatu en noordoos van Australië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Honiara, geleë op die eiland Guadalcanal.
duimnael|links|Kaart van die Salomonseilande duimnael|links|Kaart van die Salomonseilande in 1989 (CIA) duimnael|links|Kaart van die Salomonseilande se administratiewe gebiede Die Salomonseilande bestaan uit ses hoofeilande en meer as 900 kleiner eilande. Dié land se naam is afgelei van die gelyknamige argipel, wat tot Melanesië behoort en nog die Noordelike Salomonseilande rondom Bougainville insluit, wat tot Papoea-Nieu-Guinee behoort. Die Salomonseilande word deur die Koraalsee in die weste en die Salomonssee in die suide begrens. In die noorde is die oop Suidelike Stille Oseaan geleë.
In 1568 het die Spaanse ontdekkingsreisiger Álvaro de Mendaña de Neira die eilande vir Europa ontdek en na die Bybelse koning Salomo Islas Salomón genoem. In Junie 1893 het die Salomonseilande onder Britse invloed gekom, nadat die Suidelike Salomonseilande deur kaptein Gibson R.N. van die HMS Curacoa tot Britse protektoraat verklaar is. Commonwealth and Colonial Law by Kenneth Roberts-Wray, London, Stevens, 1966. bl. 897 Tydens die Tweede Wêreldoorlog het gedurende die Salomonseilande-veldtog (1942–1945) tussen die Verenigde State en die Japannese Keiserryk hewige gevegte plaasgevind, soos die Slag van Guadalcanal. Op 7 Julie 1978 het die Salomonseilande van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Die Salomonseilande is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met Charles III van die Verenigde Koninkryk as staatshoof.
Geografie Die Salomonseilande bestaan uit tien administratiewe gebiede, waarvan nege provinsies is wat deur verkose provinsiale gemeentes geadministreer word en die tiende die hoofstad Honiara is wat deur die Honiara Stadsraad geadministreer word.
# Provinsie Hoofstad Premier Oppervlak(km²) Bevolking1999-sensus Bevolkingper km² (2009) Bevolking2009-sensus 1 23px Sentrale Provinsie Tulagi Patrick Vasuni 615 21 577 42,4 26 051 2 23px Choiseul Taro-eiland Jackson Kiloe 3 837 20 008 6,9 26 371 3 23px Guadalcanal Honiara Anthony Veke 5 336 60 275 17,5 93 613 4 23px Isabel Buala James Habu 4 136 20 421 6,3 26 158 5 23px Makira-Ulawa Kirakira Stanley Siapu 3 188 31 006 12,7 40 419 6 23px Malaita Auki Peter Ramohia 4 225 122 620 32,6 137 596 7 23px Rennell en Bellona Tigoa George Tuhaika 671 2 377 4,5 3 041 8 23px Temotu Lata Fr. Charles Brown Beu 895 18 912 23,9 21 362 9 23px Westelike Provinsie Gizo Wyne Maepio 5 475 62 739 14,0 76 649 – 23px|raam Hoofstadgebied Honiara Mua (burgemeester) 22 49 107 2 936,8 64 609 Salomonseilande Honiara – 28 400 409 042 14,7 515 870
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels
Kategorie:Britse Statebond
Kategorie:Voormalige Britse kolonies