Die Gefedereerde State van Mikronesië (Engels: Federated States of Micronesia, kort FSM) is 'n eilandnasie in die Stille Oseaan en Oseanië net noord van die ewenaar. Dit beslaan 'n oppervlakte van 702 km² en het 'n bevolking van 104 468 in 2019 gehad. Die naam "Mikronesië" is afgelei van Grieks μικρός, mikrós vir "klein" en νῆσος, nêsos vir "eiland", letterlik: "klein eilande". Die Gefedereerde State van Mikronesië bestaan uit sowat 600 eilande van die Karoline-eilande; die aangrensende Palau beslaan die ander deel van dié argipel.

duimnael|links|Kaart van die Gefedereerde State van Mikronesië Die Gefedereerde State van Mikronesië is in die ooste van Palau en die Filippyne, in die suide van die Noordelike Mariana-eilande, in die suidweste van die Marshalleilande, in die weste van Kiribati, in die noordweste van Nauru en in die noorde van Papoea-Nieu-Guinee en die Salomonseilande geleë. Die hoofstad is Palikir en die grootste stad is Weno.

As gevolg van die Spaans-Amerikaanse Oorlog is die argipel in 1899 deur Spanje aan die Duitse Keiserryk verkoop en by Duits-Nieu-Guinee ingelyf. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is dit deur Japan beset en het na die oorlog 'n Volkebond-mandaat geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is dit deur die Verenigde State beset en het in 1947 'n trougebied van die Verenigde Nasies geword. Op 10 Mei 1979 het vier van die trougebied se distrikte 'n nuwe grondwet aanvaar en het die Gefedereerde State van Mikronesië geword. Die Marshalleilande, Palau en die Noordelike Mariana-eilande het besluit om nie deel te word nie. Die Gefedereerde State van Mikronesië het op 3 November 1986 'n Verdrag oor vrye assosiasie met die Verenigde State onderteken, waarmee dit 'n onafhanklike land geword het. Die Verenigde State is nog steeds vir die verdediging van die Gefedereerde State van Mikronesië verantwoordelik.

Deelstate duimnael|links|Kaart van die Gefedereerde State van Mikronesië se vier deelstate Die Gefedereerde State van Mikronesië is onderverdeel in vier deelstate: VlagDeelstaatHoofstadHuidige GoewerneurLandBevolking Bevolkingsdigtheidkm² myl²per km²per myl²50px Chuuk Weno Johnson Elimo 127 49,2 54 595 420 108850px Kosrae Tofol Lyndon Jackson 110 42,6 9 686 66 17050px Pohnpei Kolonia John Ehsa 345 133,2 34 685 98 25550px Yap Colonia Tony Ganangyan 118 45,6 16 436 94 243

Verwysings

Bronnelys Algemeen

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die regering

Kategorie:Voormalige Duitse kolonies Kategorie:Voormalige Japannese kolonies Kategorie:Voormalige Spaanse kolonies