duimnael|Die Georg Gaßmann-stadion, Marburg, tydens 'n Amerikaanse voetbalwedstryd

VfB Marburg is 'n sokkerklub uit Marburg in die deelstaat Hesse in Duitsland.

Die klub is op 13 Mei 1905 gestig as Marburger Fußball-Klub 1905 in die restaurant Bopps Terrassen in Marburg. In 1908 het die klub ander sportsoorte begin aanbied en sy naam verander na Verein für Bewegungsspiele 1905 Marburg. Die Eerste Wêreldoorlog het die klub swaar getref met 41 lede wat in veldslae omgekom het en die klub moes sy bedrywighede staak. Die klub is egter op 1 Februarie 1919 herstig. Op 30 Augustus 1925 het die klub met SV Kurhessen saamgesmelt om Sportvereinigung VfB 05-Kurhessen te vorm.

In 1937 word die klub deur die Nazi‘s gedwing om met Marburger Turnverein saam te smelt om VfL Marburg te vorm. Op 9 April 1992 word die sokkerafdeling onafhanklik onder die huidige naam, dieselfde naam waaronder die klub bekend geword het tussen 1908 en 1925.

Die klub het tussen 1933 en 1944 ses seisoene in die Gauliga deurgebring op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur en die klub se beste prestasie is in 1943 behaal toe daar tweede geëindig is.

Die klub speel die meeste van sy ligawedstryde op die Stadion an der Gisselberger Straße, wat aan die klub behoort, maar groot wedstryde word op die Georg Gaßmann-stadion (wat aan die stad behoort) gespeel.

Onlangse ligaposisionering 1972-73 (III) Landesliga Hesse-Sentraal 12de 1973-74 (III) Landesliga Hesse-Sentraal 14de 1974-75 (III) Landesliga Hesse-Sentraal 10de 1975-76 (III) Landesliga Hesse-Sentraal 9de 1976-77 (III) Landesliga Hesse-Sentraal 3de 1977-78 (III) Landesliga Hesse-Sentraal 3de 1978-79 (IV) Landesliga Hesse-Sentraal 6de 1979-80 (IV) Landesliga Hesse-Sentraal 9de 1980-81 (IV) Landesliga Hesse-Sentraal 6de 1981-82 (IV) Landesliga Hesse-Sentraal 7de 1982-83 (IV) Landesliga Hesse-Sentraal 4de 1983-84 (IV) Landesliga Hesse-Sentraal 2de 1984-85 (IV) Landesliga Hesse-Sentraal 1ste 1985-86 (III) Oberliga Hesse 12de 1986-87 (III) Oberliga Hesse 10de 1987-88 (III) Oberliga Hesse 14de 1988-89 (III) Oberliga Hesse 15de 1989-90 (IV) Landesliga Hesse-Sentraal 1ste 1990-91 (III) Oberliga Hesse 17de1991-92 (IV) Landesliga Hesse-Sentraal 1ste 1992-93 (IV) Oberliga Hesse 17de 1993-94 (V) Landesliga Hesse-Sentraal 8ste 1994-95 (V) Landesliga Hesse-Sentraal 4de 1995-96 (V) Landesliga Hesse-Sentraal 4de 1996-97 (V) Landesliga Hesse-Sentraal 2de 1997-98 (V) Landesliga Hesse-Sentraal 2de 1998-99 (V) Landesliga Hesse-Sentraal 1ste 1999-00 (IV) Oberliga Hesse 13de 2000-01 (IV) Oberliga Hesse 14de 2001-02 (IV) Oberliga Hesse 7de 2002-03 (IV) Oberliga Hesse 7de 2003-04 (IV) Oberliga Hesse 15de 2004-05 (IV) Oberliga Hesse 18de 2005-06 (V) Landesliga Hesse-Sentraal 10de 2006-07 (V) Landesliga Hesse-Sentraal 12de 2007-08 (V) Landesliga Hesse-Sentraal 4de 2008-09 (V) Landesliga Hesse-Sentraal 1ste 2009-10 (V) Oberliga Hesse

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Hesse 2009/10-seisoen Viktoria Aschaffenburg - SVA Bad Hersfeld - 1. FC Eschborn - KSV Baunatal - FSV 1926 Fernwald - FSV Frankfurt II - SG Roowit Frankfurt - Hünfelder SV - KSV Klein-Karben - VfB Marburg – 1. FC Germania 08 Ober-Roden - 1. FC Schwalmstadt - Kickers Offenbach II - TSV Eintracht Stadtallendorf - FC Viktoria 09 Urberach - SC Waldgirmes - OSC Vellmar - TSG Wörsdorf - RSV Würges

Marburg