duimnael|regs|Vereinsgelände Asbach, Bad Hersfeld

SVA Bad Hersfeld is 'n sokkerklub uit Bad Hersfeld in die deelstaat Hesse in Duitsland. Benewens sokker, het die klub ook 'n afdeling vir brennbal, die Duitse weergawe van 'n tradisioneel Skandinawiese spel. Asbach is 'n dorpsdeel van Bad Hersfeld wat voorheen 'n onafhanklike dorp was.

Die klub het sy oorsprong uit 'n groep jeugdiges wat in 1911 vriendskaplike sokkerwedstryde begin speel het. Twee klubs is later uit die groep gevorm: Spielvereinigung Asbach en Sportverein Germania Asbach. As gevolg van die Eerste Wêreldoorlog is beide klubs egter ontbind. Teen 1922 is 'n nuwe sportklub weer gestig, maar dit het slegs gimnastiek en atletiek aangebied. Die huidige klub is uiteindelik op 5 Augustus 1928 gestig.

Die klub het vir die grootste gedeelte van sy bestaan in die skadu van sy buurman SG Hessen Bad Hersfeld gespeel. In 1992 het dinge egter verander met promosie na die Landesliga, terwyl SG Hessen Bad Hersfeld gerelegeer het. Die klub is sedertdien die topklub in Bad Hersfeld.

Onlangse ligaposisionering 1990-91 (V) Bezirksoberliga Fulda 6de 1991-92 (V) Bezirksoberliga Fulda 6de 1992-93 (V) Bezirksoberliga Fulda 1ste 1993-94 (V) Landesliga Hesse-N 3de 1994-95 (V) Landesliga Hesse-N 7de 1995-96 (V) Landesliga Hesse-N 6de 1996-97 (V) Landesliga Hesse-N 3de 1997-98 (V) Landesliga Hesse-N 1ste 1998-99 (IV) Oberliga Hesse 11de 1999-00 (IV) Oberliga Hesse 16de 2000-01 (V) Landesliga Hesse-N 2de 2001-02 (V) Landesliga Hesse-N 6de 2002-03 (V) Landesliga Hesse-N 2de 2003-04 (V) Landesliga Hesse-N 5de 2004-05 (V) Landesliga Hesse-N 5de 2005-06 (V) Landesliga Hesse-N 7de 2006-07 (V) Landesliga Hesse-N 5de 2007-08 (V) Landesliga Hesse-N 4de 2008-09 (V) Landesliga Hesse-N 2de 2009-10 (V) Oberliga Hesse

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Hesse 2009/10-seisoen Viktoria Aschaffenburg - SVA Bad Hersfeld - 1. FC Eschborn - KSV Baunatal - FSV 1926 Fernwald - FSV Frankfurt II - SG Roowit Frankfurt - Hünfelder SV - KSV Klein-Karben - VfB Marburg – 1. FC Germania 08 Ober-Roden - 1. FC Schwalmstadt - Kickers Offenbach II - TSV Eintracht Stadtallendorf - FC Viktoria 09 Urberach - SC Waldgirmes - OSC Vellmar - TSG Wörsdorf - RSV Würges

Bad Hersfeld