Die heksadesimale stelsel is 'n posisionele nommeringstelsel wat 16 as basis (pleks van 10 soos in die meer bekende desimale stelsel) gebruik. Daar word 16 simbole ( 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 A B C D E F) gebruik om getalle te skryf. 1C in heksadesimaal is dan 1 x 16 + 12 = 28 in desimaal.

Voorbeelde van heksadesimale waardes met die ooreenstemmende binêre, oktale en desimale waardes: HeksBinêrOktaalDesimaal0000111121022311334100445101556110667111778100010891001119A10101210B10111311C11001412D11011513E11101614F11111715101 00002016111 000121172410 010044365E101 1110136941001 0000 00004002563E811 1110 10001750100010001 0000 0000 0000 100004096FACE1111 1010 1100 111017532664206

Omskakeling van desimale getalle na heksadesimale getalle

Om 'n desimale getal om te skakel na 'n heksadesimale getal, kan dit soos volg gedoen word:

Desimaal/16 (16=grondtal)Res123456771607716482448230230114 = "E"101000

Die heksadesimale getal is die getal in die laaste kolom geskryf van onder na bo. Met ander woorde:

12345610 = 1E24016

Omskakeling van Excel kolomnommers na letters

Kolomnommers in Excel word op soortgelyke wyse omgeskakel na die kolomletters. In hierdie geval word 'n grondtal van 26 gebruik en die volgende reeks karakters: "0ABCDE...XYZ" Wanneer die res 0 is stem dit ooreen met "0" in die reeks. In so 'n geval moet "Z" gebruik word en die deel antwoord moet een minder gemaak word. Hier volg 'n voorbeeld:

Desimaal/26 (26=grondtal)Res26001000 = "Z"100-1=99321 = "U"303 = "C"000

Dus, in Excel is kolom nommer 2600 dieselfde as kolom CUZ.

Kyk ook

Spesiale karaktersː Unicode, ASCII, HTML Binêre getallestelsel Oktale getallestelsel

Kategorie:Getallestelsels Kategorie:Wiskunde