Matthew Perry (19 Augustus 1969 - 28 Oktober 2023) was 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Fools Rush In (1997) en The Whole Nine Yards (2000), en in die televisiereekse Friends (1994) en Studio 60 on the Sunset Strip (2006).
Hy het die rol van Chandler Bing op die NBC-sitkom Friends vir tien jaar tussen 1994 en 2004 vertolk en het 'n Primetime Emmy-toekenningsnominasie in 2002 vir daardie rol ontvang. Hy is vir 'n Golden Globe-toekenning vir sy rol in The Ron Clark Story genomineer.
Lewensloop Perry is in die Verenigde State gebore, maar het in Ottawa, Kanada, grootgeword. Hy was die seun van die akteur John Bennett Perry en Suzanne Marie Langford. Sy ouers het geskei toe Perry ongeveer 'n jaar oud was. Sy ma was 'n woordvoerder van die Kanadese premier Pierre Trudeau en Perry was 'n klasmaat van sy seun en latere premier, Justin Trudeau.
Perry moes kies tussen 'n loopbaan as akteur of as 'n professionele tennisspeler. Hy het 'n besonderse talent vir tennis gehad, maar het besluit om die akteursberoep te betree. Perry het tien jaar lank Chandler Bing in die televisiereeks Friends gespeel. Hy het gassterrolle in die Ally McBeal en The West Wing-reekse gespeel. Hy het ook stemwerk gedoen in die geanimeerde reeks, The Simpsons, en speel hoofrolle in Hollywood-films soos Fools Rush In, The Whole Nine Yards en 17 Again.
Perry het geworstel met alkohol- en dwelmverslawing, wat hy in sy outobiografie, Friends, Lovers and the Big Terrible Thing in 2022, aangehaal het. Hy het 'n deel van sy regtermiddelvinger gemis weens 'n ongeluk met 'n deur. In 2018 het hy 'n operasie ondergaan vir die perforasie van sy spysverteringskanaal en was hy twee weke in 'n koma.
Perry is op 28 Oktober 2023 op 54-jarige ouderdom in die Jacuzzi van sy huis in Los Angeles dood aangetref.
Filmografie Rolprente 1997: Fools Rush In 1998: Almost Heroes 1999: Three to Tango 2000: The Whole Nine Yards 2002: Serving Sara 2004: The Whole Ten Yards 2007: Numb 2008: Birds of America 2009: 17 Again
Televisiereekse 1987: Boys Will be Boys 1990: Sydney 1993: Home Free 1994: Friends 2006: Studio 60 on the Sunset Strip 2010: Celebrity Liar 2011: Mr. Sunshine 2012: Go On 2015: The Odd Couple
Televisierolprente 1987: Morning Maggie 1994: L.A.X. 2194 1995: A Day with 1997: Oops! The World's Funniest Outtakes 5 2000: Hollywood Salutes Bruce Willis: An American Cinematheque Tribute 2003: Glam Slam: WTA Fashion Show 2006: The Ron Clark Story 2007: Out of Control: 10 Celebrity Rehabs Exposed 2008: The End of Steve 2010: An Extras Night In
Video's 1995: Microsoft Windows 95 Video Guide 2005: Friends Final Thoughts 2005: Friends Gag Reel: Season 9 2009: Going Back to 17 2009: Zac Goes Back
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Sterftes in 2023