Bernau bei Berlin 280px Ligging in Brandenburg Wapen 180px|senter 70px|senter Historiese middestad 70px|senter Land Deelstaat 23px Brandenburg Distrik Barnim (BAR) Koördinate Stigting Vroeë 13de eeu Stadstatus Vroeë 13de eeu Oppervlakte: - Totaal 104,16 vk km Hoogte bo seevlak 68 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2018) 38 825 www.statistik-berlin-brandenburg.de: Statistischer Bericht – Bevölkerung im Land Brandenburg nach amtsfreien Gemeinden, Ämtern und Gemeinden 31. Dezember 2018 - Bevolkingsdigtheid 372,7/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Gematigde klimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -°C - Gem. temp. Januarie/Julie -°C - Gemiddelde jaarlikse neerslag - mm Burgemeester André Stahl (Die Linke) Amptelike Webwerf bernau-bei-berlin.de
Bernau bei Berlin (volledige amptelike naam ter onderskeiding van gelyknamige nedersettings sedert 1999, algemeen kort Bernau) is 'n stad in die administratiewe distrik Barnim van die Duitse deelstaat Brandenburg, sowat tien kilometer noordoos van Berlyn, met 'n oppervlakte van 104,16 vierkante kilometer en 'n bevolking van 38 825 (soos op 31 Desember 2018). Die stad is sedert die vroeë 1920's in die openbare vervoerstelsel van Berlyn geïntegreer.
Bernau het reeds omstreeks 1300 stadstatus gekry en het in die Middeleeue vir sy lakens en bier bekend gestaan. In 1432 het die stad danksy sy stadsmuur en die heldemoed van sy bewoners die aanval van 'n Boheemse Hussiete-leër afgeweer – 'n gebeurtenis wat jaarliks met 'n groot Hussiete-fees en optog herdenk word.
Geskiedenis Die stadstigting Volgens argeologiese vondse het die eerste menslike nedersettings in die gebied van Bernau reeds meer as 10 000 jaar gelede ontstaan, tog is die huidige stad eers aan die begin van die 13de eeu gestig. Heinrich Gottfried Gengler: Regesten und Urkunden zur Verfassungs- und Rechtsgeschichte der deutschen Städte im Mittelalter. Erlangen 1863, bl. 204. Aanlyn beskikbaar: Google-boeke Die presiese omstandighede van die stadstigting is onbekend aangesien alle historiese dokumente tydens die groot brandrampe van 1406 en 1484 vernietig is. Volgens legendes het 'n heerser van die Askaniër-dinastie, Albrecht I van Brandenburg ("Albrecht die Beer"), wat in 1157 die Mark Brandenburg gestig en as sy eerste markgraaf geregeer het, Bernau reeds in 1140 laat stig.
Volgens oorlewerings het Albrecht tydens die jag in die destyds nog uitgestrekte Panke-bos verdwaal. Laat saans het die markgraaf met sy geselskap op 'n eensame kroeg afgekom waar hulle vriendelik onthaal is. Die bier, wat uitgeskink en aan die gaste voorgesit is, was so voortreflik dat hulle dadelik besluit het om op dié plek 'n nedersetting te stig.
Alle historiese dokumente oor die stadstigting het as gevolg van brandrampe verlore gegaan. Die oudste bewaarde dokument, waarin dispensasie vir die huwelik tussen prins Heinrich von Mecklenburg en Beatrix von Brandenburg verleen word, dateer van 1292. Een van die ses ondergetekende getuies was Ludolf, die provoos van Bernau. Die feit dat daar in dié jaar 'n hoë kerklike ampsdraer in die stad was, dui daarop dat Bernau in daardie jaar reeds 'n belangrike nedersetting was. Geskiedkundiges neem dus aan dat Bernau in 1232 gestig is.
Die moord op provoos Nicolaus Cyriacus in Berlyn duimnael|200px|Die soenkruis vir provoos Cyriacus buite die Berlynse Sint Mariakerk Ná die afsterwe van die laaste Askaniër sou die hertog van Sakse in die regte van die oorledene opvolg en die Mark Brandenburg regeer. Nogtans het keiser Lodewyk die Beier die leen ingetrek en dit vervolgens aan sy twaalfjarige seun Lodewyk gegee. Pous Johannes XXII, wat in Avignon onder sterk invloed van die Franse kroon gestaan het en die Duitse keiser, wat deur hom nie erken is nie, die kerkban opgelê het, het die Saksiese saak gesteun.
Die bewoners van Berlyn het, net soos die bevolkings van ander middeleeuse stede, die kant van die keiser gekies, terwyl die biskop van Brandenburg geweier het om die pous se optrede teen die Duitse heerser in die plaaslike kerke bekend te maak.
Nicolaus Cyriacus, die eerste Bernause provoos na wie die plaaslike kroniekskrywer Wernicke verwys, was in die somer van 1325 in Berlyn besig om die sogenaamde Sint-Pieterspenning vir die pous in Rome op te eis, maar ook om die aanhangers van die keiser met strawwe te dreig. Die burgers van Berlyn was blykbaar nie net hewig ontsteld oor dié voorneme nie, maar ook gekant teen sy partytigheid ten gunste van die Saksies-Askaniese hertog Rudolph. Berlynse aanhangers van markgraaf Lodewyk van Beiere het die bevolking tot gewelddadige optrede aangehits, en provoos Nicolaus Cyriacus is op 16 Augustus 1325 deur 'n menigte buite die Sint Mariakerk doodgeslaan. Wolfgang Ribbe en Jürgen Schmädeke: Kleine Berlin-Geschichte. Tweede hersiene uitgawe. Berlyn: Landeszentrale für politische Bildungsarbeit Berlin (LZ) in Verbindung mit der Historischen Kommission zu Berlin 1989, bl. 42 Sy lyk is na die Nuwe Markplein geneem – destyds die plek van teregstellings – en daar verbrand. Marianne Tosetti: St. Marien zu Berlin. Vierde uitgawe. Berlyn 1982: Evangelische Verlagsanstalt Berlin, bl. 7
Ná dié brutale moord is die bevolking van die tweelingstad Berlyn-Cölln 22 jaar lank uit die kerk verban. Die burgers is daarnaas verplig om 'n sogenaamde soenkruis ter nagedagtenis aan die provoos buite die Berlynse Mariakerk op te rig. Die huidige steenkruis het die oorspronklike houtkruis vervang.
Adelsvetes en roofridderdom Omstreeks 1400 het adelsvetes en roofridderdom die Mark Brandenburg in politieke en ekonomiese chaos gedompel. Handel en vervoer is deur die politieke onluste ontwrig nadat belangrike handelspaaie tydelik geblokkeer is. Die adellike Quitzow-gesin, wat hulself na 'n kasteel en nedersetting noordwes van Perleberg in die Prignitz-streek vernoem het, het 'n prominente rol by dié gebeure gespeel. Aangesien die Brandenburgse heersers nie meer in beheer van die situasie was nie, het die Quitzows hul kans gegryp om self 'n magsposisie in die sentrale dele van Brandenburg te bekom.
In 1402 het die hertoë van Pommere Brandenburg binnegeval en saam met die Quitzows die kasteel Bötzow in Oranienburg, die kasteel Neumühl en die stad Strausberg ingeneem. In November van daardie jaar het die hertoë saam met die gevreesde roofridder Dietrich Quitzow ook 'n poging onderneem om Bernau te verower. Terwyl die stad deur die Pommerse troepe met brandpyle bestook is, het Quitzow se magte in Börnicke vergader. Hier is hulle deur Brandenburgse troepe, wat vanuit die ooste opgetrek het, en die plaaslike bewoners verslaan. Die alliansie tussen die Quitzows en die Pommerse hertoë is kort daarna verbreek, en die omgewing van Berlyn is in hewige gevegte gewikkel.
Hussiete-oorloë duimnael|200px|Hussietefees in 2009 - 'n musikant van die Middeleeuse musiekgroep Ohrenpeyn duimnael|links|'n Namaaksel van 'n Hussitiese strydwa in Chudów, Pole In die lente van 1432 het berigte oor 'n Hussiete-leër, wat in Brandenburg geopereer het, groot onrus en verwarring onder die Bernause bevolking veroorsaak. Die Hussiete het vroeg in Maart vanuit Boheme na die noorde vertrek om met hul militêre bedrywighede politieke druk op die onderhandelinge tussen die Duitse keiser Siegesmund en Hussiete-leiers, wat sedert 1431 in Eger (Cheb) aan die gang was, uit te oefen. Reeds in 1432 het die keiser en die pous in Rome pogings onderneem om die "ketterse" Boheme met militêre geweld te pasifiseer. Die kruistogte was egter onsuksesvol.
Die Hussiete het met hul eie veldtogte gereageer – enersyds om hul godsdienstige leerstellings ook in Duitssprekende gebiede te propageer, andersyds om die ekonomiese blokkades teen Boheme te deurbreek, die aanvallers in hul eie land te verswak en daar rooftogte te pleeg – 'n "eenvoudige" metode om die Hussiete-troepe te onderhou.
Met die Hussiete-inval in die Mark Brandenburg is die onderhandelinge in Eger finaal gestaak. Die Hussiete-leër in Brandenburg is van dié besluit vroeg in April in kennis gestel. Die Hussitiese hoofmag het vinnig terug na Boheme gemarsjeer waar hulle op 6 Mei in Praag aangekom het. Dit was waarskynlik dele van hierdie leër wat op 23 April 1432 net buite Bernau opgedaag het. Op die pad terug na Boheme het hulle 'n vergeefse poging aangewend om die stad in te neem. Die afweer van die Hussiete-aanval is deur die Bernauers aanvanklik met dankprosessies gevier. Later is die gebeurtenis met feesvieringe herdenk. Die reformasie het in Bernau in 1540 en 1541 plaasgevind.
Bloeitydperk duimnael|links|Die Kantorhaus, 'n voorbeeld van Bernause vakwerk-boukuns duimnael|200px|Bernauer Dunkel (Bernause swartbier) is in die vroeë 21ste eeu weer volgens tradisionele metodes in die Berlynse stadsdeel Friedrichshagen gebrou duimnael|200px|Die Bernause Heksemonument met name van vroue en mans wat van heksery beskuldig is Danksy sy bierbrouerye en sy linnegoedvervaardiging het Bernau tydens die Middeleeue oor die grense van Brandenburg heen bekendheid verwerf. Op 28 Julie 1423 het Bernau van keurvors Frederik I die voorreg gekry om bier doeanevry te vervoer en te bemark.
Die plaaslike swartbier is eeue lank as die beste in die Mark Brandenburg beskou en was vanweë sy lang raklewe ook elders baie gewild. Nog in die 17de eeu is jaarliks 30 000 ton bier na sowat sestig ander stede en dorpe – ook buite die Mark Brandenburg, onder meer na Hamburg en Stettyn – uitgevoer. Bier is in byna alle groot burgerhuise in Bernau gebrou en in kelders gestoor, en 'n tyd lank was daar altesaam 146 brouerye. www.eichfeld.de: Berliner Bürgerbräu – Bernauer Schwarzbier
Bier was vir Bernauers selfs 'n stapelvoedsel – volgens oorlewerings is selfs aan kinders geregte soos biersop bedien. Kort voor die broudae, wat deur 'n amptenaar bekend gemaak is, is 'n oproep op alle burgers gedoen om nie die water van die plaaslike Pankerivier te besmet nie. In 1540 het burgers 'n poging onderneem om 'n wynbedryf in die stad te vestig, maar die plaaslike wingerde sou nie langer as 32 jaar bestaan nie. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is uiteindelik ook bierbrouery in Bernau gestaak, maar in die vroeë 21ste eeu het die Berlynse Bürgerbräu-brouery die tradisie van Bernause swartbierbrouery 'n tyd lank hervat. Nadat die Berlynse brouery die produksie in 2010 gestaak het, het 'n brouery in Landau in die deelstaat Rynland-Palts in Mei 2012 'n nuwe swartbier volgens die Bernause broutradisie bekend gestel. Die Bernauer Hussitenbier Schwarz is ietwat aan die moderne smaak aangepas. ODF Fernsehen für Ostbrandenburg: Bernauer Schwarzbier wieder da, 2 Mei 2012
Bernau se argitektoniese erfenis getuig nog steeds van die 17de eeuse bloeitydperk. Die groot versterkings het aanvalle op die stad moeilik gemaak.
Die 17de eeu: Pesepidemieë, heksewaan en Dertigjarige Oorlog Danksy die invoering van kerkboeke in 1577 is uitbreke van siektes noukeurig gedokumenteer. So is Bernau in 1597 deur 'n ernstige pesepidemie getref wat soveel verwoesting gesaai het dat die begraafplaas by die Sint Mariakerk oorvol geraak het en 'n nuwe kerkhof aangelê moes word (die huidige "Ou Kerkhof"). Die Swart Dood sou later nog terugkeer – die laaste pandemie het in 1638 sy loop geneem.