Die Moskwa-rivier (Russies: Москва-река; Moskwa-reka) is ’n sytak van die Oka-rivier wat deur Moskou- en Smolensk-oblast in Rusland vloei.
Etimologie Moskwa en Moskou is twee verskillende weergawes in Afrikaans van die Russiese naam Москва. Die stad is na die rivier genoem. Die oorsprong van die rivier se naam is onseker.
Stede Moskou, die hoofstad van Rusland, is op die rivier se oewers geleë. Die rivier vloei ook deur die dorpe Mozjaisk, Zwenigorod, Zjoekofski, Bronnitsi, Woskresensk en, by die samevloei van die Moskwa en die Oka, Kolomna. In 2007 was daar 49 brûe oor die Moskwa en sy kanale binne die stadsgrense van Moskou. Die Groot Klipbrug is in 1692 gebou.
Die kanale vorm verskeie eilande. Sommige het Russiese name, ander geen. Die grootste permanente eilande (van oos tot wes) is: Serebrjani Bor Tatarskaja Poima, algemeen bekend as Mnewniki Baltsjoeg, ook bekend as Bolotni Ostrof Verskeie onbewoonde eilande
Galery
Verwysings
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Moskva River
Kategorie:Moskou Kategorie:Riviere in Rusland