Alldays is 'n dorp in die Blouberg Munisipaliteit van Capricorn-distrik in die noordweste van die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika. Die dorp het 'n bevolking van sowat 2 987 inwoners in 2011 gehad.
Die Venetia-diamantmyn is naby Alldays geleë, binne die 360 vk. kilometer Venetia Limpopo-natuurreservaat. Dit is een van die ses oorblywende myne van De Beers in Suid-Afrika. Dit is ook die jongste diamantmyn in die land. Dit beskik ook oor 'n klein lughawe: Alldays-lughawe.
Sien ook Gereformeerde kerk Magalakwin Lys van dorpe in Suid-Afrika Venetia-diamantmyn Venetia Limpopo-natuurreservaat
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Limpopo