Nedbank Groep Beperk (JSE: NED ) of beter bekend as Nedbank is een van die vier groot banke van Suid-Afrika, alhoewel dit egter een van die nuutste banke is om plaaslik geïnkorporeer te word. Sy hoofkantoor is in Johannesburg en sy markkapitalisasie bedra R136 miljard op 31 Desember 2018. Nedbank het 7,9 miljoen kliënte met R826 biljoen se deposito's en R1,044 miljard se bates. Geïntegreerde verslag 2018

Geskiedenis duimnael|links|Historiese foto van die Nedbankgebou in Cullinan in 1908. Dié gebou word steeds gebruik duimnael|links|Nedbankgebou in Kaapstad Die bank is oorspronklik in 1888 gestig in Amsterdam as die Nederlandsche Bank en Credietvereeniging voor Zuid-Afrika en in dieselfde jaar is 'n kantoor in Pretoria geopen. 18 jaar later, in 1906, het die bank uitgebrei met die opening van 'n tak in Londen. In 1951 word die Suid-Afrikaanse tak selfstandig en onder die naam Nederlandse Bank in Suid-Afrika Beperk geïnkorporeer. Die hoeveelheid Suid-Afrikaanse aandeelhouers het aansienlik toegeneem en in 1969 word die maatskappy 100 persent Suid-Afrikaans nadat die Bank Mees en Hoop 20 persent van die aandele gekoop en nog dieselfde jaar weer verkoop het.

In 1992 is die naam van die bank verander na Nedcor Bank Beperk, waarvan Nedbank die grootste afdeling was. In 1992 smelt Syfrets, UAL en Nedbank Investment Bank saam om Nedcor Investment Bank (NIB) te vorm. Ou Mutual, Nedcor se houermaatskappy, het demutualiseer en is in 1999 op die Londense aandelebeurs gelys. Dit word 'n samestelling van die FTSE 100-indeks. Nedbank bekom die Man-eiland en Jersey se private bankbesigheid van Robert Fleming & Kie in 2001.

Die nuwe Nedcor Groep word op 1 Januarie 2003 gevorm, en kombineer Nedcor, BoE, Nedcor Investment Bank en die Kaap van Goeie Hoop Bank in een wettige entiteit. Die Nedcor Groep is hernoem tot die Nedbank Groep op 6 Mei 2005. Die Nedbank-hoofkantoor is in Sandton, Suid-Afrika.

In Augustus 2009 koop Nedbank die oorblywende 49.9% van Imperial Bank en sedertdien word Imperial Bank ten volle besit deur Nedbank. Nedbank koop Imperial Bank vir VS$ 226m

Op 26 September 2018 het Ou Mutual aangekondig dat hulle hul meerderheidsaandeel in Nedbank gaan ontbondel aan aandeelhouers, met 'n totale markwaarde van R43,2 miljard wat ontbondel is. Ou Mutual se 52% aandeel is verminder na 19,9% wat deur Ou Mutual Lewensassuransie Maatskappy van Suid-Afrika Beperk (OMLACSA) besit word. Ou Mutual se ontbondeling van Nedbank

Aandeelhouerskap +Aandeelhouerskap op 28 Junie 2019 AandeelhouerskapAandeelhouer / Bestuurder van aandeleHoeveelheid aandeleJun 2019 % houerskapOu Mutual Lewensassuransie Maatskappy van Suid-Afrika Beperk (OMLACSA) en vennote (Sluit in fondse wat names ander begunstigdes bestuur word)111 328 92324,48Nedbank Groep tesourie aandele15 858 2223,19BEE trusts6 527 8531,31Nedbank Namibië Beperk47 5120,01Nedbank Groep (2005) beperk en ooreengestemde-aandeleskemas9 282 8571,87Openbare Beleggingskorporasie (SA)51 790 90310,42Coronation Fondsbestuurders32 585 4986,56BlackRock (Internasionaal)19 010 2903,82Allan Gray Beleggingsraad17 966 4303,61Die Vanguard Groep15 366 9873,09GIC Batebestuur (Edms) Beperk12 796 7262,57Lazard Batebestuur (Internasionaal)12 721 7912,56Dimensional bate-adviseurs (VSA, VK en Aus)9 734 2601,96Sanlam Beleggingsbestuur9 708 0451,95

Sien ook Standard Bank ABSA Capitec ENB

Verwysings

Bronnelys Boshoff, Dawie: Vol vertroue vir die toekoms. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 34, nr. 4, April 1989. ISSN 0491-4783

Eksterne skakels

Nedbank Suid-Afrika

Kategorie:Johannesburg Kategorie:Suid-Afrikaanse banke Kategorie:JSE-genoteerde maatskappye