Otra Puse is 'n Letlandse popgroep wat in 1992 deur die sanger en kitaarspeler Aigars Grāvers, die tromspeler Aigars Krēsla (albei voormalige lede van die gewilde groep Jumprava), die voorheen onbekende sanger Normunds Pauniņš, die klawerbordspeler Ivars Makstnieks (voorheen Vaidava en Linga) en die bassis Aldis Miodle in Riga gestig is.
Otra Puse se gewildste treffers sluit Pēc Lietus, Rīga, Nakts vai Rīts en Dievs Dod in. Die laasgenoemde lied is ook in Russies (Огонь/Ogoņ) vrygestel.
Diskografie Langspelers
Pēc lietus (1995, 2006) Nakts vai rīts (2009) Uzzīmē mani (2013) Remiksi 1996 — 2016 (2016) Otra puse. Labākās dziesmas. Notis. Vārdi. (2017)
Eksterne skakels Inligting en videosnitte
Otra Puse se webtuiste by draugiem.lv YouTube.com: Otra Puse - Rīga YouTube.com: Otra Puse - Nakts vai rīts YouTube.com: Otra Puse & Antra Stafecka - Uzzīmē mani
Kategorie:Letlandse musiekgroepe