Saarbrücken 280px Kaart Wapen 180px|center center|75px Vlag 90px|center Land Deelstaat 20px Saarland Koördinate Stigting (eerste verwysing) 999 Stadstatus 1342 Oppervlakte: - Totaal 167,07 vk km Hoogte bo seevlak 230 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2012) 176 996 - Bevolkingsdigtheid 1 059/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Uwe Conradt (CDU) Amptelike webwerf saarbruecken.de
Saarbrücken (Duits: [zaːɐ̯ˈbʁʏkn̩], ; Luxemburgs: Saarbrécken, [zaːʁˈbʀekən], ; Frans: Sarrebruck, [saʁbʁyk]) is die administratiewe hoofstad en grootste stad van die Duitse deelstaat Saarland.
Die huidige stad het in 1909 met die samesmelting van drie stede - Saarbrücken, St. Johann en Malstatt-Burbach - ontstaan en is vandag die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die Saarland en setel van 'n universiteit.
Etimologie Die naam van Saarbrücken het niks te doen met die moderne Nieuhoogduitse woord Brücke ("brug") aangesien die eerste verwysings na die nedersetting en sy kasteel in dokumente voorkom wat 500 jaar voor die oprigting van die eerste brug oor die Saar-rivier (die sogenaamde Alte Brücke of "Ou Brug") ontstaan het. Die oudste oorgelewerde naam Sarabriga is van Keltiese oorsprong - die eerste woorddeel sara beteken "rivier", die tweede (briga) word as "rots, groot steen" vertaal. Waarskynlik het die naam na die groot rots teenoor die Ou Brug verwys waarop die eerste kasteel opgerig is.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Deelstaathoofstede van Duitsland Kategorie:Nedersettings in Saarland