Dijon 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Région (gewes) Boergondië-Franche-Comté Département Côte-d'Or (prefektuur) Koördinate  Stigting  Oppervlakte:    - Totaal 40,41 vk km  Hoogte bo seevlak 220-410 m Bevolking:    - Totaal (2009) 152 110  - Bevolkingsdigtheid 3 764/vk km  - Metropolitaanse Gebied 336 807 Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester François Rebsamen Amptelike webwerf dijon.fr

Dijon ( [di.ʒɔ̃]) is 'n stad in die ooste van Frankryk. In 2009 het die stad 'n bevolking van 152 110 gehad. Dijon is 'n belangrike vervoer-, handels- en nywerheidspilpunt en dien as administratiewe setel van Boergondië-Franche-Comté, een van die 27 Franse administratiewe geweste (Frans: régions) en die département Côte-d'Or. Dijon se tersiêre opvoedingsinstellings sluit die Universiteit van Boergondië (Université de Bourgogne gestig in 1722 Inligting oor die Universiteit) en die École des Beaux-Arts ("Skool vir Beeldende Kunste") in.

Dijon staan veral bekend vir sy mosterd en is 'n belangrike handelsplek vir Boergondiese wyn. Die historiese sentrum van Dijon is in 2015 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike UNESCO bladsy

Kategorie:Boergondië Kategorie:Munisipaliteite in Boergondië-Franche-Comté Kategorie:Nedersettings in Boergondië-Franche-Comté Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Frankryk