Mensvretersberg is ‘n berg sentraal in die Vrystaat wat ‘n rol gespeel het in die Mfecane.
Ligging Die bergpiek is by 29° 3′ 24″ suid, 27° 1′ 42″ oos, noord van Thaba Nchu en bereik ‘n hoogte van 1708 m bo seespieël.
Geskiedenis In die tyd van die reeks uitdelgingsoorloë van Shaka het mense hier geskuil. Die uitgehongerde vlugtelinge het kannibale geword. Plaaslik staan die berg bekend as Lokoala, die woord vir lafaard en vrees in Sesotho. ‘n Plaas in die direkte omgewing dra die naam van Rakhoi, blykbaar die bekendste kannibaal.
Trivia Op Kaappunt is daar ‘n Menskoppunt.
Bibliografie Nienaber, P.J.: Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek, deel 1. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers vir die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, Instituut vir Taal, Lettere en Kuns, 1972. ISBN 0-624-00097-4
Kategorie: Geskiedenis van Suid-Afrika