Helichrysum pannosum is 'n blomdraende, klein struik wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap; dit kom vanaf Stanger suidwaarts tot by Port St Johns voor. Dit kom ook binnelands van Durban tot by Pinetown en Camperdown voor. Die spesie blom vanaf April tot Junie.

Die spesie het reeds 55.4% van sy habitat verloor die afgelope 90 jaar met gevolg dat die bevolking met ten minste 50% verminder het. Die afstaan van habitat kan toegeskryf word aan die verbouing van suikerriet, stedelike en ontwikkeling aan die kus en indringerplante. Daar word vermoed dat die spesie reeds uitgesterf het noord van Durban omrede 90% van die habitat daar reeds verlore is. Daar word vermoed dat die verlies van habitat sal voortgaan.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

pannosum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika