Die ǀXamǀXam pleks van ǃXam is die korrekte spelling – sien Barnard, A. 1992. Hunters and herders of Southern Africa: a comparative ethnography of the Khoisan peoples. Cambridge University Press. en ǂKhomani-hartland-wêrelderfenisgebied bestaan uit streke wat onderskeidelik suid en noord van Upington in die Noord-Kaap-provinsie van Suid-Afrika geleë is. Die ǀXam- en ǂKhomani (meer korrek Nǁng)-mense was taalkundig verwante groepe San (Boesman) -mense, met hul onderskeie tale (ǀXam en Nǁng) wat deel was van die ǃKwi-taalgroep. Afstammelinge van beide die ǀXam en Nǁnǂe sluit Afrikaanssprekende bruin mense op plase of in dorpe in die streek in, waaronder die voorkoloniale tale óf heeltemal uitgesterf het (in die geval van ǀXam) óf deur slegs baie min mense gepraat word (in die geval van Nǁnǂe).

Terreinbeskrywing Die twee gebiede bestaan uit halfdroë tot droë streke van die Bo-Karoo (in die suide) en die suidelike Kalahari (in die noorde). Albei gebiede is ryk aan argeologiese oorblyfsels, onder andere uit die Laat-Steentydperk, terwyl rotsagtige heuwels en dagsome in die suidelike gebied (wat bekend staan as ǀXam-ka ǃxau, wat "tuiste van die ǀXam" beteken) oor 'n skatkis van rotskunsplekke beskik, hoofsaaklik in die vorm van rotsgravures. Deacon, J. & Foster, C. 2005. My heart stands in the hill. Kaapstad: Struik Publishers. Parkington, J. Morris, D. & Rusch, N. 2008. Karoo rock engravings. Clanwilliam: Krakadouw Trust In die ǂKhomani-gebied in die noorde (waar die sandwoestyn-topografie rotskuns onmoontlik maak) dra 'n kulturele karteringsprojek by tot 'n hernieude belangstelling in kulturele tradisies onder die jonger geslag.

Geskiedenis Met die amptelike proklamering van die Kalahari Gemsbok Nasionale Park in 1931 is die meerderheid van die Khomani, sowel as die Mier-mense wat in daardie gebied gewoon het, gedwing om na ander gebiede te verskuif.

Wêrelderfenisstatus Die kerngebied van die ǀXam en ǂKhomani is op 15 Mei 2004 by die kulturele kategorie by Unesco se voorlopige lys vir Wêrelderfenisgebiede gevoeg.

Die noordelike deel, die ǂKhomani-kultuurlandskap, is op 8 Julie 2017 op die wêrelderfenislys geplaas tydens die 41ste sitting van die Wêrelderfeniskomitee van die Verenigde Nasies se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur (Unesco), wat van 2 tot 12 Julie 2017 in Krakow, Pole, plaasgevind het.

Verwysings

Bronnelys

Hilary Deacon en Janette Deacon (1999), Human beginnings in South Africa: uncovering the secrets of the Stone Age, Rowman Altamira.

Eksterne skakels

ǂKhomani San Press Compilation Sahrcreport final

Kategorie:Karoo Kategorie:Noord-Kaap Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika