duimnael|Die beheertoring en ander infrastruktuur by Dunnottar in Desember 1992. Lugmagbasis Dunnottar was ’n Suid-Afrikaanse Lugmagbasis, geleë te Dunnottar (tussen Springs en Nigel) aan die Oos-Rand van Gauteng en het verskillende name gehad.

Die Sentrale Vliegskool (SVS) is in Julie 1946 by Lugmagstasie Nigel heropen en in 1949 as Dunnottar herdoop. Harvards, Tiger Moths, Dakotas, Venturas en ’n paar Auster Mk 5’s is bedryf. Die hoofrol van die skool was in daardie stadium ab initio-opleiding. Die eerste Harvard-kunsvliegspan is rondom hierdie tyd gevorm en die span het baie lugvertonings gelewer. Die Tiger Moth is gedurende die vroeë 1950’s uitgefaseer.

Die naam van die eenheid is op 1 Februarie 1968 na Vliegopleidingskool (VOS) Dunnottar verander, maar die naam Sentrale Vliegskool is weer vanaf 1 Januarie 1977 gebruik, met Harvards steeds op die inventaris van die eenheid. Daar is met ’n nuwe Harvard-kunsvliegspan begin.

Die laaste vleuelsparade by Dunnottar was op 10 Desember 1992. Nadat die Sentrale Vliegskool na Langebaanweg in die Kaapprovinsie verskuif het, is die basis deur die Suid-Afrikaanse Leër oorgeneem.

Nuusbrokkies uit die geskiedenis van VOS Dunnottar

Sertifikate is op Vrydag, 18 Augustus 1972 tydens ’n voorstellingsparade by VOS Dunnottar aan vyf onderkorporaals en ’n weerman oorhandig, en hulle het as opgeleide vakmanne gekwalifiseer wat as radio-, vliegtuig- of elektriese monteurs kon werk. Volgens ’n berig in die Paratus van Junie 1973 het twee lede van 40 Eskader tydens ’n medaljeparade by VOS Dunnottar medaljes ontvang en een lid het sy kommissie as offisier ontvang. Kolonel JZ Eloff was vanaf Augustus 1974 die bevelvoerder van Dunnottar.

Hierdie gedeelte is uit die volgende bronne verkry:

Eenhede wat by Dunnottar gebaseer was

40 Eskader 40 Eskader was van Augustus 1965 tot Augustus 1982 by die Sentrale Vliegskool by Dunnottar gebaseer. Die laaste van die eenheid se Harvards is op 27 Augustus 1982 na die Sentrale Vliegskool oorgeplaas. Die eenheid se rol was taktiese verkenning.

Sentrale Vliegskool Die Sentrale Vliegskool by Dunnottar het vir 'n groot deel van sy bestaan Harvard-vliegtuie bedryf.

Die Harvard-vertoonspan Die Harvard-vertoonspan van die Suid-Afrikaanse Lugmag het by verskillende geleenthede opgetree.

1980’s

Ligte Vliegtuig-vliegskool-opedag 20 Junie 1986 geen|duimnael|Harvards 7676, 7111 en 7661 van die vertoonspan 20 Junie 1986

1990’s

Lugmagbasis Potchefstroom 22 Junie 1991

Amptelike opening van Lugmagbasis Mmabatho van die Bophuthatswana-lugmag op 28 November 1992

Laaste vleuelsparade by Dunnottar op 10 Desember 1992 Die laaste vleuelsparade by Dunnottar het op 10 Desember 1992 plaasgevind. Daarna het die SVS na Lugmagbasis Langebaanweg verhuis.

Infrastruktuur Infrastruktuur te Dunnottar word in Oktober 1992 van links na regs met betrekking tot die vluglyne en die beheertoring uitgebeeld.

Hekwag North American Harvard Mk III reeksnommer 7573 was vanaf 25 Mei 1973 die hekwag by Lugmagbasis Dunnottar. Die vliegtuig is op 20 Desember 1992 na die dorp Dunnottar verskuif.senter|duimnael|North American Harvard Mk III reeksnommer 7573

Verwysings